Julius 'vernietig getuienis'

11 January 2017 | Misdaad
’n Ondersoekbeampte van Nampol het in Windhoek se landdroshof getuig mnr. Laurentius Julius, wat op klagte van geldwassery en bedrog in ’n multimiljard-doeanesaak tereg staan, is besig om dokumentêre getuienis te vernietig.

Hoofinsp. John Mhutongwe het as staatsgetuie verskyn en Maandag openbaar dat vermoed word Julius meng in met die ondersoek van die N$3,5 miljard-bedrogsaak wat te doen het met doeaneheffings en die uitstroom van buitelandse valuta.

Mhutongwe lei ’n span van ses polisiebeamptes wat die saak ondersoek, het hy aan die staatsaanklaer, mnr. Rowen van Wyk, gesê.

Onreëlmatighede is aan die einde van 2015 ontdek en is daarna onder die aandag van Nampol gebring wat met ’n ondersoek begin het.

Mhutongwe het aan die hof gesê sy span het dokumente van Nedbank en FNB Namibië bekom wat transaksies reflekteer wat betrekking het op die maatskappy Extreme Customs Clearing Services (ECCS) en tien ander Chinese invoerders.

Die dokumente hou verband met die beweerde onderverklaring van die waarde van goedere waarop doeaneheffings betaalbaar is. Julius is die alleeneienaar en direkteur van ECCS.

Mhutongwe het ook getuig dat Julius ’n wenk ontvang het oor ’n moontlike ondersoek na ongerymdhede in sy besighede. Dit het was ook vreemd vir Mhutongwe dat Julius foute wat in sy boekhouding voorgekom het, by doeane en aksyns wou regstel. Dit dui daarop dat hy die rekord van sy beweerde bedrieglike transaksies wou uitwis.

Hy het verder getuig dat Julius moontlik by ’n sindikaat met Chinese invoerders betrokke is.

Daar bestaan ’n groot risiko dat die drie verdagtes, wat daarvan beskuldig word dat hulle aandadig is aan die bedrogspul van N$3,5 miljard, op die vlug kan slaan, het Mhutongwe aan die hof gesê.

Onder kruisverhoor deur adv. Louis Botes, wat Julius verteenwoordig, en mnr. Sisa Namandje, wat vir die twee Chinese, Tau Huizhong en Huang Jinrong, optree, het Mhutongwe herhaaldelik aangedui dat hy teen borgtog gekant is en daarop gesinspeel dat die drie op die vlug sal slaan en die land kan verlaat.

Mhutongwe het versuim om aan te dui watter borgtogvoorwaardes moet geld indien dit wel aan die drie toegestaan sou word. Hy het aangevoer dat hulle toegesluit moet word uit vrees dat hulle met die ondersoek sal inmeng en vlug.

Die borgtogaansoek voor landdros Venatius Alweende duur voort.

Soortgelyk

 

Ngatjizeko tree af

13 ure gelede | Regering

Augettto Graig - Die nuwe perssekretaris in die kantoor van die president, dr. Alfredo Tjiurimo Hengari, het so pas (Woensdagoggend) aan Republikein bevestig dat minister...

Grondbelastingaansoek slaag in hoërhof

1 dag gelede | Howe

Die dringende hofaansoek waarmee gepoog is om uitstel te kry vir die betaling van grondbelasting deur boere hangende 'n appèl oor hul grondwaardasies, het vanoggend...

Miljoene vir baba met breinskade

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Ma van Windhoek het ’n skikkingsooreenkoms met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bereik, nadat haar seuntjie weens ’n tekort...

Tydelike onderwysers Desember laas betaal

1 dag gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Tydelike onderwysers by twee laerskole in Windhoek sê hulle het sedert Desember verlede jaar nog nie weer ’n salaris ontvang nie. Republikein...

Ratel(taai) teen gemsbok en Jakkals

1 dag gelede | In beeld

Die spreekwoord lui nie verniet “so taai soos 'n ratel” nie. 'n Suid-Afrikaanse natuurfotograaf, Dirk Theron, het 'n kwaai ratel by 'n watergat in die...

Geingob wis niks van Oropoko

1 dag gelede | Ministeries

Estelle de Bruyn - Die vloed negatiewe publisiteit oor die aankoop van ‘n peperduur gasteplaas deur die ministerie van verdediging, terwyl soldate huis toe gestuur...

Maamberua: Duitse setlaars in gevaar

1 dag gelede |

Estelle de Bruyn - Die Swanu-verteenwoordiger in die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Usutuaije Maamberua, het gister ‘n onbedekte dreigement teen Duitssprekende Namibiërs gemaak.Met die aanvang...

Weer vir 21 Februarie

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie...

Angolees in hof oor kokaïen

1 dag gelede | Howe

Francoise Steynberg - 'n Angolese burger (52) wat Maandagaand by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako weens dwelmhandel in hegtenis geneem is, het gister in die...