Julie bring minustemperature
Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor voorspel temperature onder vriespunt vir môre in die suide, sentrale dele asook die oostelike dele van die land.
Die Namibiese binneland sal koud bly, het mnr. Odillo Kgobetsi, hoofweervoorspeller by die Namibiese weerkantoor, pas bevestig. Hy sê vanaf Woensdag kan dit weer warmer raak.
Temperature het vanoggend op verskeie plekke in die land in die minusse in geduik, terwyl dit na wat verneem word op Lüderitz, Aus, Oranjemund, Rosh Pinah en Aussenkehr gereën het.
Temperature in Windhoek het vanoggend om 08:00 volgens die Suider-Afrikaanse Wetenskaplike Dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbestuur (Sasscal) se aanlyn databasis so laag as -3,1 °C gedaal.
’n Inwoner van die Omeya-gholflandgoed het laat weet vanoggend het hul termometer op -3 °C gestaan, terwyl inwoners op Elisenheim -2 °C gemeet het.
Op Tsumis, suid van Rehoboth, het temperature vanoggend om 08:00 op -0,5 °C gestaan.
Intussen is op die Facebook-blad “Reën in Namibia” laat weet die Suide het winterreëns ontvang.
“Oranjemund is sopnat, ja,” het Annelize Louw Lotter laat weet, terwyl Melissa Kring gesê het Sossusvlei het ook ’n bietjie reën ontvang.
Kgobetsi het ook bevestig vandag is baie koud in Windhoek en hoogliggende gebiede in die sentrale en oostelike dele van die land, terwyl reën of bewolkte toestande in die Suide en Suidweste verwag word.
Winderige toestande sal na verwagting vandag oor die binneland voorkom, terwyl sterk winde in die verre ||Kharasstreek kan voorkom.
Dít volg nadat ‘n kouefront die afgelope naweek die Afrikavasteland getref het, wat volgens weervoorspellers reën op plekke en koue mag bring, maar vandag ook vir sneeu in Suid-Afrika se Sutherland, Lesotho en oor die Drakensberge kan sorg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie