Juliana ry met prys weg!
Juliana ry met prys weg!

Juliana ry met prys weg!

Yochanaan Coetzee
Maerua Mall se Win-a-Car-kompetisie het verlede Saterdag op 'n hoogtepunt tot 'n einde gekom toe die ­sleutels van 'n ­splinternuwe ­Pupkewitz Toyota Aygo aan me. Juliana von Solms oorhandig is.

Groot was haar verbasing toe haar inskrywing uit duisende ander as die wen-inskrywing getrek is.

“Ek het heeltemal vergeet dat ek vir die kompetisie ingeskryf het, so dit was 'n ongelooflike verrassing.

“Ons maak 'n punt daarvan om ons inkopies elke Saterdag by Maerua Mall te doen – veral omdat die twee motorwasserye hier baie goed is. Ek kan nie wag om ons nuwe Pupkewitz Toyota Aygo vir 'n was en 'n wandeling deur Maerua Mall te bring nie,” het Von Solms gesê.

Me. Katrin van Zyl van Oryx Properties, wat Maerua Mall bestuur, het verduidelik hoekom die Win-a-Car-kompetisie van stapel gestuur is, en hoekom die Toyota Aygo gekies is.

“Ons wou graag iets aan ons kliënte teruggee, en die Toyota Aygo is 'n baie goeie voertuig – veral vir inkopies doen omdat dit stylvol, prakties en gemaklik is.

“Afgesien hiervan is dit altyd 'n plesier om met Pupkewitz Toyota te werk, omdat hulle te alle tye puik diens handhaaf en altyd hul kliënte se behoeftes akkommodeer,” het sy gesê.

Saam met me. Juliana von Solms, is me. Katrin van Zyl (links) en me. Lizette Smit (regs) van Oryx ­Properties.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!