Julian se nuwe nier werk fluks

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Dit gaan goed met Julian Rittmann en sy nuwe, flukse nier.

Sy dankbare en verheugde ma, me. Agnes de Waldt, het uit Johannesburg laat weet die nieroorplanting wat Donderdag op haar seun, wat aan Denys-Drash-sindroom ly, was 'n sukses.

Me. Erika Dien was die skenker en volgens De Waldt gaan dit goed met albei.

“Hulle ervaar nog pyn, maar Julian het 'n flukse nier gekry wat enkele minute ná die oorplanting begin werk het!” vertel sy ma.

Volgens haar sou Julian tot Maandag in die intensiewesorg­eenheid gehou word, waarna hy na die Morningside-kliniek oorgeplaas sal word. Dien is Vrydag reeds na 'n gewone saal oor­geplaas waar sy versorg sal word tot sy stabiel genoeg is om ontslaan te word. Die ontmoeting tussen haar seun en sy skenker ná die oorplanting was baie emosioneel, sê De Waldt. “Sy en Julian het mekaar Vrydag vir die eerste keer gesien en al twee was baie emosioneel.”

De Waldt het die gesin se dankbaarheid teenoor die ­Namibiese gemeenskap vir hul gebede en bydraes uitgespreek.

“Ons Hemelse Vader, wat ons deur alles geseën het met wonderlike familie, vriende, dokters en verpleegpersoneel, wat Julian se nieroorplanting moontlik gemaak het, kry al die eer.

“Ons as huisgesin wil veral die borge wat die Rittmann-familie se ondersteuningsgroep se geld­insamelingspogings ondersteun het, ook graag bedank.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!