Jürgen Koch trap diep spore
Namibië het verlede maand afskeid geneem van 'n man wat diep spore in die onderwys in Namibië getrap het.
Mnr. Jürgen Koch is op 10 Desember verlede jaar onverwags op 63 jaar oorlede. Hy laat sy vrou, Irmtraut, en sy kinders, Guido en Ilona, agter.
Koch was die tweede seun van mnr. Addi en me. Lore Koch en het op die plaas Kabieis in die suide van die land met sy broer, Klaus-Peter, en suster, Heidi, grootgeword.
Sy ma het hom aan die begin van sy skoolloopbaan self op die plaas onderrig. Later was hy 'n leerling aan die Duitse Privaatskool in Lüderitz en die Duitse Hoër Privaatskool (DHPS) in Windhoek. Hy het in 1972 in Lüderitz gematrikuleer.
Na 'n jaar in die weermag het hy Onderwys aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer met Duits en Sport as hoofvakke. Daar het hy sy vrou leer ken. Na die voltooiing van die paartjie se studies het beide na Namibië teruggekeer. Hier het Koch by die Deutsche Oberschule Windhoek (DOSW) as onderwyser onder skoolhoof, mnr. Reinhard Fechter, sy loopbaan begin.
In die tagtigs het Koch verdere opleiding ondergaan waarna hy fisika en chemie as vakke aangebied het. Toe die skool in 1987 in nuwe geboue in Olympia intrek, het hy koshuisvader geword. Vanaf 1992 was Koch adjunkhoof by die hernoemde Delta Sekondêre Skool Windhoek (DSSW). Ná mnr. Ernst Hashagen se aftrede het Koch uiteindelik skoolhoof geword. In 2013 het hy op 60 jaar afgetree.
Koch was ná sy aftrede nog by die Vereniging vir die Bevordering van Duitse Skoolspanne (AGDS) betrokke en het as toerleier toeriste deur Namibië begelei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie