Joubert rig Valke-oog op bonuspunt
Joubert rig Valke-oog op bonuspunt

Joubert rig Valke-oog op bonuspunt

Die Namibiërs se strewe om behoorlike selfvertroue in 'n provinsiale kompetisie op te bou, duur voort.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Windhoek Draught Welwitschias se veel­besproke fiksheidsvlak kom môre weer onder die soeklig in 'n SuperSport uit­daag­wedstryd teen die Hino Valke in die Hage Geingob-stadion.

Dit is maar net die Namibiërs se tweede tuiswedstryd in die reeks. Nog net teen die Blou Bulle het hulle voor hul tuis­skare gespeel, asook wegwed­stryde teen die Pumas, die Leeus en die Valke, wat in die openingsronde verlede maand op Kemptonpark met 50-33 aan die wenkant was.

By daardie geleentheid het afrigter Lyn Jones se manne hul enigste bonuspunt sover aangeteken, toe hulle vyf drieë gedruk het. Hoewel vier drieë hul mikpunt vir elke wedstryd tot dusver was, kon hulle dit nie weer regkry nie.

Die Valke het sedert die 2015 Vodacombekerreeks die oorhand teen die Welwitschias en het elke kragmeting met gerieflike punteverskille beklink. Die Oos-Gautengers mag dalk op papier na die swakste be­skikbare opposisie in dié geselskap lyk, maar duidelik steur afrigter Rudy Joubert en sy manne hulle min hieraan.

Onder kapteinskap van Eugene Jantjies sal die Namibiërs môre opnuut 'n groot taak hê om die tuisskare behoorlik aan hul kant te kry. Die mees ooglopende gebrek tot dusver is op die gebied van verdediging, waar hulle eenvoudig te veel drieë afgestaan het om hulself enige kans te gun om lank genoeg in die wedloop te bly.

Sal die span ná hul afnaweek dalk met varser energie te voorskyn kom om nuwe lewe in hul seisoen te blaas?

Die Valke was laas naweek baie goed op dreef en het so byna die Leeus hul eerste bloedneus van die reeks gegee. Die Valke was met 27-25 voor tot in die laaste minuut, toe 'n suksesvolle strafskop van Shaun Reynolds hulle as verloorspan laat afstap het.

Met die onlangse geskiedenis tussen die spanne in gedagte, sal Joubert en sy manne beslis teleurgesteld wees as hulle nie die naweek met die volle bonuspunte afsluit nie.



Die Windhoek Draught

Welwitschias:

15 David Philander, 14 Lesley Klim, 13 JC Greyling, 12 Darryl de la Harpe, 11 Gino Wilson, 10 Theuns Kotzé, 9 Eugene Jantjies (kapt), 8 Roderique Victor, 7 Rohan Kitshoff, 6 Thomasau Forbes, 5 Max Katjijeko, 4 Ruan Ludick, 3 Andries Rousseau, 2 Shaun du Preez, 1 Collen Smit.

Reserwes: 16 Obert Nortje, 17 Desiderius Sethie, 18 AJ de Klerk, 19 Mahepisa Tjeriko, 20 Adriaan Booysen, 21 Dirkie von Weidts, 22 Francois Wiese.

Die Hino Valke: 15 Christian Rust, 14 Don Mlondobozi, 13 Grant Janke, 12 Andrew van Wyk, 11 Etienne Taljaard, 10 Ruan Allerston, 9 Johan Pretorius, 8 Friedle Olivier, 7 Ernst Ladendorf, 6 Dian Koen, 5 Jean-Pierre Mostert (kapt), 4 Shane Kirkwood, 3 Andries Schutte, 2 Marco Klopper, 1 Koos Strauss.

Reserwes: 16 Jan Enslin, 17 Tiaan Weyers, 18 Marnus Erasmus, 19 Dwight Pansegrouw, 20 Anrich Richter, 21 Cameron Rooi, 22 Xander Cronjé, 23 Reg Muller.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!