“Jou inligting is nie reg nie”

Joubert gelooi

12 October 2018 | Howe
Erwin Leuschner – Ná vier dae in die streekhof op Swakopmund het die ongelukskenner mnr. Johan Joubert se kruisondervraging in die moodverhoor van mnr. Jandré Dippenaar gister voortgegaan.

Joubert het twee dae lank getuig, terwyl adv. Louis Botes hom oor die kleinste besonderhede gepeper het.

In sy verslag oor die ongeluk wat op 29 Desember 2014 plaasgevind het en ses mense se lewens geëis het, beweer Joubert Dippenaar het dit veroorsaak.

Volgens Joubert was die spoed van die Toyota FJ Cruiser waarvan Dippenaar die bestuurder was, 147,6 km/h.

Die Ford Ranger se spoed is deur ’n ingeboude GPS-toestel as 85 km/h aangegee.

Gister is Joubert se berekeninge onder kruisverhoor bevraagteken.

Hy het gesê daar is verskeie formules om spoed te bereken en hy het een gebruik wat op dié betrokke voorval van toepassing is, omdat die spoed van een van die voertuie reeds beskikbaar was.

Botes het ’n ander formule aan Joubert voorgelê.

Volgens dié formule sou die Ford Ranger se spoed ’n minuswaarde toon, wat nie moontlik is nie.

“Ek wil hiermee wys die berekeninge is nie reg nie,” het Botes gesê.

Volgens Joubert het hy die regte formule gebruik.

Botes het hom ook oor die “beweerde heuwel” uitgevra.

Joubert het voorheen getuig Dippenaar het op ’n heuwel verbygesteek en kon dus nie die voertuig van voor af sien aankom nie.

Deur middel van foto’s en berekeninge het Botes aangevoer daar was geen heuwel by die ongelukstoneel nie, derhalwe het beide bestuurders mekaar lank voor die ongeluk raakgesien en dus nié minder as een sekonde gehad om te reageer, soos Joubert beweer nie.

Nóg ’n aspek wat Botes bevraagteken het, was die sowat agt meter lange skuurmerk langs die pad reg voor die ongelukstoneel.

In sy ongelukverslag kom Joubert tot die gevolgtrekking dié merk is veroorsaak toe Dippenaar drie voertuie op ’n heuwel verbygesteek het en beheer oor sy voertuig verloor het.

Dippenaar het volgens Joubert met sy regterwiel gedeeltelik van die pad af gery.

Onder kruisverhoor het Joubert toegegee die merk kon ook die gevolg van ’n padskraper wees.

Gistermiddag het Botes vrae oor die rotasie van die voertuie ná die impak gevra.

Joubert is oortuig beide wrakke het kloksgewys gedraai, maar Botes het hom probeer oortuig die teenoorgestelde is die geval.

“Ek stem nie met jou saam nie,” het Joubert gesê.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

21 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

21 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

21 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

21 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

21 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

21 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

21 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...