Jou geld-reis begin met ’n enkele tree

Beplanning bly voorvereiste

11 January 2017 | Ekonomie
Andró Griessel

Die menslike toestand is grotendeels een van val, opstaan en weer probeer. Hoewel hierdie proses soms soos mislukking kan voel, is dit geensins nie. Dit is dié mense wat val en nie meer die moed het om op te staan nie, wat uiteindelik misluk.

Onthou, die lewe is degenererend van aard. Om net op dieselfde plek te bly, kos inspanning.

As jy eenvoudig laat gaan, sal dit slegter gaan met jou gewig, onderneming, finansies, verhouding of wat ook al vir jou belangrik is.

Hierdie is waar vir jou Nuwejaarsvoornemens, maar ook vir die meeste ander aspekte van jou lewe.

Die probleem met baie mense se drome, ideale of voornemens is dat dit nie duidelik genoeg geformuleer is nie en nie in verteerbare kleiner mylpaaltjies opgebreek is nie.

Die vordering is dus moeilik om te sien omdat waar jy jou tans bevind (dalk op 120 kg) en waar jy wil uitkom (dalk 90 kg) eenvoudig so ver van mekaar verwyder is dat dit baie maklik is om moed te verloor nog voordat jy behoorlik begin het.

Enige doelwit, of dit nou is om gewig te verloor of om vir jou oudag te spaar, moet aangepak word met klein korttermyndoelwitte sodat wanneer jy daardie klein oorwinnings behaal, jy positiewe versterking kry dat waarmee jy besig is, wel ’n verskil maak en wel ’n stap in die regte rigting is.

Is jou finansiële beplanning dus op koers?

As jou antwoord ja is, sit gerus hierdie artikel neer en gaan bestee tyd aan ’n aspek van jou lewe wat moontlik nie reg verloop nie. Indien die antwoord nee is, kan die volgende paar stappe dalk help.

As jy nog nie dié stappe gevolg het nie, sal dit uiteraard met kostes gepaardgaan om dit te doen. Ek gee dus die lysie in volgorde van belangrikheid (na my mening).

1. Verseker jou inkomste

Behalwe as jou inkomste passief van aard is, is hierdie die belangrikste aspek van jou beplanning. Onthou, sonder ’n inkomste kan nie een van die menigte verpligtinge wat jy tans nakom, meer nagekom word nie.

Daar is hoofsaaklik twee gebeure waarvoor jy voorsiening moet maak, naamlik as jy in so ’n mate beseer is of siek raak dat jy nie meer kan werk nie (tydelik of permanent), en as jy sterf terwyl jy afhanklikes het.

’n Bekwame finansiële beplanner behoort jou goeie leiding te kan gee oor watter versekering gepas sal wees. Hierdie stap is eenvoudig en as jy vandag reeds ’n afspraak met jou adviseur maak, kan alles al oor ’n maand afgehandel wees.

2. Maak seker jy is verseker teen mediese koste

Ek weet van mense wat hul voertuie verseker, maar nie ’n mediese fonds het nie.

Dit is absurd. Die koste van die vervanging van ’n aardse besitting is beperk tot die waarde van daardie besitting.

Mediese uitgawes kan etlike miljoene rande beloop. Daar is uitsonderlike gevalle waar dit nie voorkeur kan geniet nie, maar dan moet jy aanvaar dat jy van staatshospitale gebruik sal moet maak.

3. Kry jou basisplan vir aftrede gereed

Party mense, ek ook, sê hulle gaan nooit aftree nie. Dis alles goed en wel, maar nie almal kan vir hulself werk nie.

Vir die meeste mense is daar ’n presiese aftreedatum iewers in die toekoms en hulle het ook ’n groot behoefte om eendag hul kantoordeur vir die laaste keer agter hulle toe trek.

Maar jy moet baie seker maak dat wanneer daardie dag aanbreek, jy dit sal kan bekostig om jou lewenspeil te handhaaf.

Hierdie stap is ongelukkig heelwat meer ingewikkeld as die eerste twee. Ek wil jou dit regtig op die hart druk om hierdie verantwoordelikheid nie te laat in die hande van iemand wat verlede jaar nog gimklasse gegee het of motors verkoop het nie.

Die aannames oor inflasie en groei, berekeninge en die kostes van produkte speel so ’n groot rol dat ’n halfgebakte benadering nie geduld kan word nie.



4. Oorweeg die impak van gevreesde siektes

Dit wil vir my voorkom dat veral kanker epidemiese afmetings aanneem en kommerwekkend genoeg al hoe meer jonger mense (onder 40 jaar) tref.

Dit gaan dikwels met groot kostes gepaard wat nie deur jou mediese fonds gedek gaan word nie. Praat met jou finansiële raadgewer hieroor en maak seker dat jy met die impak van so ’n siekte sal kan saamleef.



5. Beplan vir jou leefstyl

As jou basiese finansiële beplanning gedek is, kan jy kom by die meer aangename aspekte van geld – hoe dit jou lewe kan verbeter.

In hierdie fase kan jy beplan om geld uit te gee, want onthou, geld sonder toepassing het geen waarde behalwe miskien ’n mate van gemoedsrus nie. Tipiese voorbeelde hiervan sal wees om ’n vakansiefonds te stig of ’n plan vir die vervanging van voertuie voor of ná aftrede te beraam.



6. Belastingvermindering

Vir die top-2% is dit die heel belangrikste voorkeur. Dit is bloot omdat hulle reeds aan al die ander aspekte aandag gegee het. As jy by hierdie stadium van jou beplanning kom, het jy eintlik niks meer om jou oor te bekommer nie.

Sterkte vir 2017 en onthou, enige reis begin met die eerste treetjie, so neem dit!

Andró Griessel is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en besturende direkteur van ProVérte Wealth & Risk Management.

Soortgelyk

 

N-Koreaanse minister op pad

8 ure gelede | Internasionaal

Estelle de Bruyn - Met die internasionale spreiligte op Noord-Korea weens die sluipmoord op Kim Jong Nam, halfbroer van die land se leier,...

Nujoma 'wil weer president word'

8 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman – Menseregte-aktivis Phil ya Nangoloh beweer op sy Facebook-blad in ’n ope brief aan stigterpresident Sam Nujoma hy is deur “geloofwaardige” bronne ingelig...

Hannes Erasmus van Newsprint oorlede

8 ure gelede | Mense

Hoofredaksie - Namibia Media Holdings (NMH) se drukkery, Newsprint, het een van sy stryd­rosse verloor.Mnr. Hannes Erasmus, hoof-­motorwerktuigkundige, het gister­oggend ses dae ná sy 55ste...

Regstelling

8 ure gelede | Plaaslik

Republikein het gister verkeerdelik 'n foto van die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, geplaas by ‘n berig oor ‘n ministeriële verklaring...

Weer vir 14 Maart 2017

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met enkele tot geïsoleerde buie...

Beswaar oor wetsontwerp verwerp

8 ure gelede | Regering

Estelle de BruynDie wetsontwerp op openbare-private-vennootskappe (PPP) is Donderdag opnuut deur die Nasionale Vergadering (NV) bekragtig.Dit volg nadat die Nasionale Raad (NR) vroeër in beginsel...

Vermeende stroper doodgeskiet

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - 'n Vermeende stroper is Vrydagaand in die Bwabwata Nasionale Park in die noordooste van die land doodgeskiet.Nóg twee vermeende stropers is gewond...

Tweede geval van Kongokoors in Omaheke

8 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het Vrydag in 'n mediaverklaring 'n tweede geval van Kongokoors in die Omahekestreek bevestig. 'n Negentienjarige...

Projek bemagtig San-meisies

8 ure gelede |

Tanja Bause Die Women's Leadership Center (WLC) het verlede jaar 'n projek begin wat fokus op die voorkoming van kinderhuwelike en vroeë swangerskappe onder San-meisies....