Jou bier word dalk duurder, en dís waarom
Produksie in Skandinawië, Duitsland en die Baltiese lande gaan tussen 30% en 40% laer as normaalweg wees.
Die prys van jou ingevoerde bier gaan dalk deur die hittegolf in Europa beïnvloed word.
Dis omdat die gars verskroei het op landerye in Noord-Europa, wat dalk tot 'n tekort aan mout gaan lei.
Enige prysstyging kan betreklik gering wees omdat net 'n klein hoeveelheid daarvan vir elke bier nodig is.
Volgens Evergrain Duitsland, 'n verhandelaar van landbouhulpbronne, gaan produksie in Skandinawië, Duitsland en die Baltiese lande tussen 30% en 40% laer wees as normaalweg.
Die prys van gars is reeds aan die styg en volgens Stefan Vollmar, 'n verhandelaar by GrainCom in Hamburg, Duitsland, is sommige Duitse brouerye besig om bierpryse te verhoog.
“Ons het 'n enorme verskaffingsprobleem,” sê Jonathan Arnold van die Britse handelsmaatskappy Robin Appel.
In Skandinawië het die uiters warm weer ook meegebring dat gewasse drie tot vier weke vroeër as normaalweg geoes is.
Volgens RMI Analytics gaan Europa vanjaar 'n tekort van nagenoeg 490 000 ton moutgars hê.
Die hitte bring ook mee dat die gehalte van die gars laer is.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie