Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'
Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'

Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het dit gistermiddag duidelik gestel dat korrupsie by regeringsmaatskappye nie geduld sal word nie.
"Die ministerie stel dit duidelik dat die wittebrood vir eens en vir altyd verby is. Die ministerie sal geen vorm van korrupsie, nalatigheid en doelbewuste wanbestuur in enige SOE duld nie."
Sy verklaring volg op die aankondiging van die Lughawensmaatskappy­ (NAC) dat die raad dié staatsonderneming se uitvoerende hoof, mnr. Tamer El-Kallawi, en die uitvoerende hoof van projekte, inligtingstegnologie (IT) en ingenieurswese, mnr. Courage Silombela, met volle vergoeding geskors het.
Volgens ’n verklaring was die skorsing onmiddellik van krag, hangende die uitkoms van ’n volledige ondersoek na beweerde “oortredings” wat onder die raad se aandag gekom het.
“Vanweë die erns van die beweerde oortredings en die voorwaardes van die dissiplinêre kode het die raad geen ander keuse nie as om hulle dadelik te skors,” sê mnr. Rodgers Kauta, voorsitter van die raad.
Volgens Jooste het dit onder hul aandag gekom dat sekere onreëlmatighede in die NAC voorgekom het en 'n spesiale ondersoek is van stapel gestuur. Die verslag van die spesiale ondersoek is intussen aan die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) voorgelê.
Jooste het gister geen besonderhede oor die onreëlmatighede verstrek nie.
El-Kallawi, wat Namibiese en Egiptiese burgerskap het, is op 1 Junie 2015 as uitvoerende hoof van die NAC aangestel nadat hy sedert November 2012 die waarnemende uitvoerende hoof was. Hy was die hoofbestuurder van finansies, administrasie en IT van Junie 2012 af.
El-Kallawi het ook op die raad van die NAC en as voorsitter van die ­ouditkomitee gedien.
LUGHAWE-TENDER
Die hooggeregshof het in Maart die omstrede multimiljard-tender vir die opgradering van die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako, wat aan die Chinese maatskappy Anhui Foreign Economic Construction Group toegeken is, ter syde gestel.
In April het die weekblad Confidenté berig dat dié maatskappy sedertdien vir El-Kallawi en die NAC versoek het om met nuwe onderhandelinge vir die projek te begin. Sedertdien is berig dat Anhui terug is in die wedloop te midde van interne struwelinge tussen die raad van die NAC en die hooggeplaaste amptenare in die ministerie van werke en vervoer.
Voorts is El-Kallawi in 2014 deur die ACC ondersoek ná die NAC ’n tender van N$15,2 miljoen vir kringtelevisiekameras by vier lughawens aan Syntex toegeken het.
Dit was dubbel die tenderbedrag van SchoemansTechnologies, aan wie die evalueringskomitee die hoogste punte toegeken het. Schoemans het toe die NAC gedagvaar en ’n interdik in die hoërhof in Windhoek gekry om die implementering van die tender te staak.
Die transaksie het onder die ACC se aandag gekom ná e-posse van ­Silombela aan die NAC-raad aan die lig gebring het dat hy glo wysigings aan die aanbevelings ten gunste van Syntex gemaak het.
Dié tender het opslae in die NAC gemaak toe senior personeellede geweier het om dit te implementeer weens die manier waarop dit toegeken is.
Klagtes is ook in 2014 deur NAC-personeellede by die arbeidskommissaris ingedien oor El-Kallawi nadat die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in Julie 2014 afgegradeer het. Dít omdat sekuriteitsmaatreëls in die geval van ’n brand nie aan die nodige standaarde voldoen het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!