Jooste se geveg is teen ‘SOE-kultuur ’
Die minister sê aanspreeklikheid, integriteit en professionaliteit kan 'n ommekeer by SOE's bewerkstellig.
Augetto Graig - Doeltreffendheid is die maatstaf wat mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE's), wil gebruik om Namibië se 98 staatsondernemings te verander.
Dié ondernemings het 'n waarde van sowat N$89 miljard en verskaf nagenoeg 16 000 mense van werk.
Jooste se twee jaar oue ministerie van net 40 amptenare maak vordering in die stryd teen die “SOE-kultuur wat toegelaat is om te vestig”.
Só het hy Maandag aan studente aan die Universiteit van Namibië (Unam) gesê.
Jooste was die hoofspreker by Unam se nuwe reeks openbare toesprake - dié keer oor die toekoms van staatsondernemings in Namibië.
Volgens die minister is die "SOE-kultuur" tans deel van die DNS van Namibiese staatsondernemings.
"Dit word gekenmerk deur min aanspreeklikheid, 'n ‘Big Brother’-sindroom van dink die regering sal maar altyd tot hul redding kom, en min fokus op doeltreffendheid.
"Ons moet ons mense se denkwyse verander,” sê hy.
Die belangrikste stap is om die ministerie in 'n professionele aandeelhouer te omskep, sê hy.
Goedkeuring is reeds verkry om 'n klein gespesialiseerde eenheid met vier kenners vir hierdie doel te skep.
Vergeleke met die privaat sektor sal die ministerie soos 'n beheermaatskappy werk.
“Dit is nie 'n breinbreker nie; die probleem kan opgelos word deur aanspreeklikheid, integriteit en professionaliteit,” sê hy.
Jooste sê 80% van die probleme met staatsondernemings begin en eindig met die gehalte van die onderneming se direksie.
“Ons het daarin misluk om die beste moontlike direksielede in die meeste gevalle aan te stel,” sê hy.
Nou het die ministerie ’n databasis van meer as 500 goeie Namibiese kandidate saamgestel, maar “vanaand het ons meer as 500 dienende direksielede” by staatsondernemings in die land, sê hy.
“Sowat 27 jaar van negatiewe blootstelling het ’n negatiewe aura rondom staatsondernemings geskep. Professionele Namibiërs het ’n obsessie met hul reputasie en waarskynlik skrik die bedreiging van hul reputasie mense af,” sê hy.
“Dit is moeilik om mense te inspireer om op direksies te dien, maar ons het nodig om lede te trek op grond van hul meriete."
Jooste moedig professionele Namibiërs aan om hulself aan te bied om op direksies te dien as “’n patriotiese manier om jou land te dien”.
Staatsondernemings se direksies moet ook bestaan uit kenners van die sektore waarin die organisasie werk, sê die minister.
“Indien daar nie ’n balans in vaardighede is nie, kan die hoofbestuur die direksie manipuleer,” sê hy.
In die vervolg sal direksies se vordering jaarliks gemonitor word om te bepaal of lede vervang of opgelei moet word.
Motiveringsgebaseerde vergoeding sal toegepas word nadat die kabinet nuwe riglyne daarvoor goedgekeur het, wat hopelik binnekort sal wees, sê die minister.
Die nuwe ministerie moet ook besluit hoe die gebrek aan gevolge getakel sal word, sê hy.
“Die enigste opsie is vir ons om wetgewing te versterk. Daar moet gevolge wees vir direksielede én uitvoerende beamptes, nie net weens korrupsie nie, maar ook weens wanbestuur."
Intussen word van die bestaande direksies tans ondersoek.
“Ons werk saam met die ACC (Teenkorrupsiekommissie) omdat ons inligting moet oorhandig wanneer ons korrupsie teëkom, maar ons maak eers seker dat ons genoeg bewyse het wat tot vervolging kan lei. Mense is reeds geskors en ons verwag binnekort nog resultate,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie