Jooste konkel nie met Westair
Jooste konkel nie met Westair

Jooste konkel nie met Westair

Minister Leon Jooste sê die skinderstories in die sosiale media dat hy planne teen Air Namibia snoer, is onwaar.
Francoise Steynberg
Ronelle Rademeyer - Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, ontken beweringe in 'n smeerveldtog teen hom in die sosiale media van 'n samesweringsplan wat hy glo teen Air Namibia tot voordeel van die private lugvaartmaatskappy Westair smee.

Hy het gistermiddag tydens 'n nuuskonferensie gesê sy ministerie se taak is om verskeie sensitiewe kwessies te takel en hy is vasbeslote om die integriteit van hierdie opdrag te beskerm.

"Verskeie beweringe is oor die afgelope drie jaar gemaak van vermeende lojaliteitsbande tussen my en Westair Aviation. Hierdie beweringe is opnuut opgerakel ná die onlangse berigte oor die ekonomiese en operasionele krisis by Air Namibia en Westair se aankondiging dat hy voortgaan met geskeduleerde plaaslike en streeksoperasies.

"Ek het doelbewus gekies om nie aan argumente in die sosiale media deel te neem nie, maar die feite liewer tydens 'n nuuskonferensie te stel en dit met almal in Namibië te deel aan wie ek verantwoordiging doen," het hy gesê.

Hy het gewraakte verdagmakery veroordeel en terugvoering gegee oor 'n voorstel twee jaar gelede deur Westair vir 'n private-openbare vennootskap (PPP) vir die gesamentlike bestuur van die vloot van Embraer-vliegtuie.

"Ek het hulle aangeraai om die voorstel direk met Air Namibia te bespreek waarna ek sou seker maak die regte proses gevolg word om die regering se toestemming te kry."

Jooste sê 'n week later is hy genooi na 'n vergadering by Staatshuis waar 'n afvaardiging van Airbus in Frankryk voorgestel het hulle satellietnetwerk word vir vissery- en omgewingsbeheer in Namibië gebruik. Sy ministerie het opdrag gekry om dit te ondersoek en Airbus in Frankryk te besoek.

Hy het benadruk Air Namibia se vliegtuie of die moontlike koop daarvan is nie tydens hierdie besoek met enige party bespreek nie.

'n Maand ná die besoek aan Frankryk het Jooste gehoor Westair wil sy vloot vergroot en kyk uit vir Embraer-vliegtuie. Westair is ingelig die maatskappy HOP! beplan om die Embraers te verkoop wat Air Namibia by hom huur.

By navraag het dit geblyk Air Namibia het nie aangedui hy wil die vliegtuie koop as die huurooreenkoms verstryk nie en dit dus vir ander kopers beskikbaar is.

Kort daarna is hy meegedeel die nasionele redery het van plan verander en wil wel die Embraers by HOP! koop. In November 2017 is 'n ooreenkoms bereik om die huurooreenkomste om te skakel in ooreenkomste vir die koop van die vier Embraers in die Air Namibia-vloot.

Jooste het beweringe dat hy tydens sy besoek aan Frankryk in Parys 'n vergadering met HOP! en Westair gehad het, ten sterkste ontken en gesê die bewering dat Westair sy vliegtuigkaartjie betaal het, is selfs meer absurd.

Hy het die versekering gegee dat hy en sy ministerie te alle tye in die beste belang van die nasionale redery opgetree het. Volgens hom is beweringe dat hy Air Namibia tot voordeel van Westair wil "doodmaak", onwaar en word versprei deur mense "met hul eie, unieke agendas".

Die minister het verder benadruk sy ministerie is verbind tot 'n lewensvatbare lugredery wat nie 'n finansiële las vir die staat is nie.

Westair Aviation het gister aangekondig hy is deur die Namibiese Vervoerkommissie geakkrediteer om as die tweede amptelik geskeduleerde passasierlugredery onder die vaandel FlyWestair met vlugte na verskeie bestemmings in die land en die substreek te begin. Lees die berig op bl. 2.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%