Jonk, werkloos en gay

'n Student van die Suide praat sy hart uit met Suiderland.
Denver Kisting
Denver Kisting



“Ek sien as 'n jongmens glad geen toekoms vir die Namibiese jeug nie – vernaam vir die jeug van die Suide.”

So meen mnr. Innocent Isaack, 'n 24-jarige boorling van Mariental.

Volgens hom word jeugdiges in armoede gedompel omdat hulle geen ondersteuning “het aan die kant van die regering nie”.

Isaack sê wat veral sy hart breek, is dat selfs afgestudeerdes dikwels sonder werk is. “Daar is nie werk nie. Hier met ons nuwe ekonomiese resessie wat ons ekonomie ly, is dit ook een van die groot redes wat 'n impak het op die jeugdiges se groei in ons streek.”

Hy verkwalik ook die hoë vlakke van korrupsie in Namibië vir die ellende waaronder die jeug gebuk gaan. “Korrupsie is baie hoog in ons land en in ons streek. Jy voel net moedeloos. Dit is 'n baie groot krisis vir ons, die jongmense.

“Die korrupsie is te veel. Jy gaan studeer en dan is jy maar werkloos, want in vandag se lewe is dit wie jy ken en wat dié vir jou kan bring. Dit is mos nou die groot euwel wat ons

het,” sê hy in 'n openhartige onderhoud.

Isaack sê baie jongmense oorweeg dit om die land te verlaat omdat hulle glo en hoop daar is meer geleenthede elders as tuis.

“As 'n werklose jeugdige van Mariental is dit veral erg omdat daar nie regtig enige geleenthede vir ons is nie,” sê hy.

Hoewel hy onlangs in sak en as op sy tuisdorp gestrand was, het hy die laaste paar weke 'n deeltydse betrekking in die hoofstad.

Hy probeer intussen ook om sy studies by 'n plaaslike tersiêre instelling te voltooi.

Hoewel hy tot onlangs geen heenkome op Mariental gehad het nie, het hy sy tyd produktief probeer bestee deur take en navorsing te

prioritiseer.

Isaack sê die Suide is ook nie daarvoor bekend dat dit 'n veilige hawe vir lesbiese, gay, biseksuele en transgender (LGBT-)jongelinge soos hy is nie. “Jy weet hoe die mense is – dis maar 'n sensitiewe kwessie.”

JEUGSENTRUM ­NIE-OPERASIONEEL

Ofskoon Mariental oor 'n jeugsentrum beskik, “is dit nog nie heeltemal operasioneel nie”, sê Isaack.

“Daar is geen produktiewe goed wat jy kan doen nie, net alkohol- en dwelmmisbruik. Hulle (die jeugdiges) is baie verveeld en dis 'n groot bron van kommer,” sê hy.

Talle skoliere verlaat ook voortydig die skoolbank, wat hulle baie weerloos laat, vertel Isaack. Geen plan is op die tafel om hulle te bemagtig met vaardighede nie, sê hy. “So, dis wat ons in die gesig staar.”

Hy sê die regering het 'n verantwoordelikheid om meer in die jeug te belê.

“Daar is baie wat die regering kan doen – veral wat entrepreneursvaardighede betref. Die meeste van die jeug is op die straat en hulle doen niks nie,” sê hy.

'n Ander struikelblok hou verband met hoe inligting oor beskikbare en bestaande geleenthede aan die jeug gekommunikeer word, sê Isaack.

“Die inligtingstroom van ons leiers na die jeug het gebreke. So, ek dink hulle moet daaraan werk om inligting nader aan die mense te bring.”

Isaack is voorts van mening die ­regering wend geen ernstige desentralisasiepogings aan nie. Volgens hom suig veral die Suide aan die ­agterspeen. “Die meeste opleidingsentrums is in Windhoek ­gestasioneer en weens die armoede kan talle ouers ook nie hul kinders na 'n universiteit toe stuur nie.”

Dit sal 'n reuseverskil maak as die regering dienste na die Hardapstreek toe bring, sê hy.



MEER JEUGVERTEENWOORDIGING

Maande voor Namibiërs op 27 November vir 'n nuwe president en Nasionale Vergadering stem, vra Isaack vir groter jeugverteenwoordiging.

“Die jeug is die leiers van die toekoms en hulle weet wat hulle regtig wil hê. Die jeug moet as toekomstige leiers 'n sê hê. Ek wil ook die jeug aanmoedig om te stem.”

Isaack sê hy wil die voormalige minister van onderwys, kuns en kultuur, Katrina Hanse-Himarwa, bedank vir haar rol in die nuwe skoleleerplan wat meer voorsiening maak vir tegniese vaardighede. “Nie alle leerlinge­ is akademies aangelê nie.”

Die leerplan sal syns insiens uiteindelik help om armoede te bestry, sê Isaack.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 393.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.14% | Zinc US$ 2 857.90/T UP 1.28% | Brent Crude Oil US$ 87.48/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.36/OZ DOWN -0.0062