Jongmense sonder die nodige vaardighede
Die jeug bly afhanklik, betree die werksmag laat en begin eers op 28 jaar 'n inkomste verdien.
Henriette Lamprecht
Jongmense in Namibië bly afhanklik van ander tot die gemiddelde ouderdom van 27 wanneer hulle eers begin om 'n salaris te verdien en meer te lewer as wat hulle verbruik.
Volgens die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se demografiese verslag vir 2018 is openbare besteding tans nie volhoubaar indien die ekonomie nie aangepas word om meer werksgeleenthede vir jongmense te skep en meer inkomste uit arbeid te skep nie.
Die verslag verwys na vyf hoof- beleidsareas waar ingryping die prentjie kan verander.
Dit sluit onder meer in die verbetering van vrywillige gesinsbeplanningsdienste en toegang tot doeltreffende moderne voorbehoeding om vroeë huwelike en tienerswangerskappe hok te slaan.
Daar moet meer in die gesondheidsektor belê word om 'n gesonde werksmag te verseker.
Ekonomiese hervorming en beleggings is dringend nodig om die skep van werksgeleenthede vir jongmense, wat tot op 27-jarige ouderdom nog finansieel afhanklik is, te bespoedig.
Namibië bestee 'n aansienlike gedeelte van sy hulpbronne aan onderwys en opleiding, maar kry nie waarde vir sy geld uit dié belegging nie.
Daarom is hervorming volgens die verslag broodnodig om onder meer die kennisgebaseerde leerplan te omskep in 'n leerplan wat op vaardighede fokus.
Die verslag stel dat Namibië se vrugbaarheidskoers gedaal het van 6,6 kinders per vrou in 1980 tot 3,6 kinders per vrou in 2013.
Weens dié afname kan die bevolking se ouderdomstruktuur verskuif van een wat deur kinders oorheers is na een wat deur inwoners van 'n werkende ouderdom oorheers word.
Nasionale bevolkingsvooruitskattings wys die werkende deel van die bevolking sal teen 2041 tot 72% styg en kinders onder die ouderdom van 15 jaar kan tot 32% daal.
Ontledings in die verslag wys indien Namibië se geboortekoers op die huidige vlak van 3,6 geboortes per vrou tussen 2015 en 2060 bly, sal die kumulatiewe hupstoot in lewenstandaarde slegs 8% wees.
Indien die geboortekoers tot 2,4 geboortes per vrou teen 2050 daal, sal die kumulatiewe bydrae tot lewenstandaarde oor dieselfde tydperk so hoog as 22% wees.
Die verslag beklemtoon as 'n land wat yl bevolk is, kan bevolkingsdruk vir baie nie 'n groot kwessie wees nie, maar is die bevolkingsgroeikoers baie belangrik vir die beplanning van sosioëkonomiese ontwikkeling.
Hoewel die gebruik van moderne voorbehoeding van 21% in 1992 tot 50% in 2013 toegeneem het, is daar ook 'n toename in onvervulde behoeftes, aangesien 12% van alle vroue 'n tweejaargaping tussen geboortes wil bewerkstellig, maar nie voldoende voorbehoeding vir hierdie doeleindes kry nie.
Volgens die verslag gebruik net 25% van tieners voorbehoedmiddels, en net 33% van vroue met geen onderrig.
Die jeug bly volgens die verslag afhanklik, betree die werksmag laat en begin eers op 28 'n inkomste verdien.
Ondanks groot beleggings in die land se onderwyssektor is daar steeds kinders, meestal uit die armste huishoudings, wat skool verlaat en baie Namibiërs wat nie hul hoërskoolopleiding voltooi nie.
Die meeste verlaat skool in graad 10, en 16 000 kinders het in 2015 nie na die skool teruggekeer vir graad 11 en 12 nie.
Die meeste van dié kinders het nie die geleentheid om opleiding te ontvang om nuwe vaardighede aan te leer nie.
Die gehalte van onderrig in Namibië is boonop kommerwekkend.
Evaluering in lees en wiskunde toon 'n groot gedeelte van Namibiese kinders is nie op standaard nie.
Die herhaling van grade is ook 'n algemene verskynsel wat dui op uitdagings op die gebied van gehalte onderrig.
Weens die genoemde struikelblokke het skoolverlaters (ná graad 12) en dié wat die skoolbanke vrywillig verlaat nie kritieke praktiese vaardighede wat nodig is om suksesvol en produktief in die arbeidsmark te wees nie.
Volgens die verslag staar struikelblokke soos groter vlakke van armoede, werkloosheid en geslagsgeweld steeds meer vroue as mans in die gesig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie