Jonges staan hul man teen die bestes
Jonges staan hul man teen die bestes

Jonges staan hul man teen die bestes

Met bagasie en boogskiettoerusting wat elders in Europa op reis was, moes Duan Engelbrecht noodgedwonge met 'n geleende boog sy merk probeer maak.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die tienerjarige driemanspan van Duan Engelbrecht (18), Christiaan Brandt (17) en Dirk de Bod (17) het verlede week Donderdag saam met Christo Brandt, adjunkpresident van die Namibiese Boogskietvereniging (NBV), na Madrid in Spanje vertrek.

Die trio het Maandag by die Zona Sur University-sportkompleks hul eerste proesel met die kwalifiseringsrondes van die 2019 Junior Wêreldboogskiet­kampioenskap saam met die room van 42 lande gehad.

Die kampioenskap duur tot Sondag waar kadetmans en -vroue, asook asook junior mans en vroue in die saamgestelde boog- en terugbuigboogkompetisies sake sal uitspook.

Engelbrecht neem aan die saamgestelde boogkompetisie deel, terwyl Brandt en De Bod onderskeidelik met hul terugbuig- en saamgestelde boë in die afdeling vir kadetmans sal aantree.

Vir Engelbrecht (58ste op die kampioenskap se ranglys) het die uitdaging op 'n vals noot begin toe sy toerusting steeds soek in Europa was. Altus Aucamp, een van die Suid-Afrikaanse deelnemers in Engelbrecht se groep, het sy kosbare saamgestelde spaarboog goedgunstiglik op sekere voorwaardes aan die Namibiër geleen.

Die voorwaardes sluit in dat Engelbrecht geen verstelling aan die geleende boog mog maak nie. Hy kon ook nie eens 'n paar oefenpyle laat vlieg nie! Om sy merk kompeterend te maak, moes die Namibiër dus sowaar die spreekwoordelike haas uit die hoed trek.

Hoewel hy in die openingsrondes gesukkel het, het die talentvolle skutter in die laaste ronde 'n voltal van 60 behaal om gelyk op 138 punte teen Mattew Turcotte (55ste) van Kanada te eindig. Die twee moes dus die wenner met 'n enkele pyl elk bepaal. Ongelukkig was Turcotte se poging nader aan die X op die teiken en die Kanadees is deur na die volgende uitdunronde.

Brandt sê: “Ons het op 15 Augustus vanaf Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek. Ons het sommer met 'n vertraagde vlug van Air Namibia weggespring, soveel so dat ons byna die aansluiting vanaf Johannesburg na Frankfurt en Madrid verpas het.

“Die gevolg van Air Namibia se onvermoë om 'n betroubare diens te lewer, was dat ons bagasie wat die kiste met boë insluit, nie saam met ons in Madrid geland het nie. Van die bagasie het eers Saterdagnag aangekom en die boogkis van Duan Engelbrecht is nou nog nie in Madrid nie. Hy het die kampioenskap met 'n geleende boog en klere aangedurf.

“Christiaan wat 79ste vir die kampioenskap gekeur is, is vanoggend (gister) deur Yazdani Amir (34ste) van Iran uitgeskakel. Dirkie (29ste) het die knoop teen Kisa Emirhan van Turkye deurgehaak. Hy het Emirhan met 141-138 uitgeskakel en sal (vandag) in die volgende uitdunronde teen die Mexikaan, Sebastian Garcia (vierde), te staan kom.

“Die manne presteer baie goed in die vreemde omstandighede. Dit is baie warm en die humiditeit is geweldig hoog. Die finale word Saterdag en Sondag by die Spanish Royal Palace aangebied,” het Brandt gister aan Republikein gesê.

Heidi Reddig, president van die NBV, sê De Bod se vorige ondervinding kan hom goed te pas kom.

“Dit gaan 'n taai toffie wees! Dirkie presteer goed onder druk, so ons glo hy sal ons borskaste laat swel. Hy het 'n paar jaar gelede 'n bronsmedalje by die Europese kampioenskap in Griekeland opgeraap en sulke ondervinding is van onskatbare waarde. Ons kan nie wag dat hy (vandag) weer die bestes ore aansit nie.

“As 'n mens in ag neem dat Duan met 'n vreemde boog moes skiet en glad nie daarmee kon oefen nie, het hy eintlik fenomenaal goed gevaar,” het die president trots gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!