Jonges in VSA ruk op oor wapens

Duisende leerlinge van oor Amerika heen het Woensdag uit klaskamers gestap in ’n geskiedkundige teken van solidariteit, as ’n huldeblyk en in protes om strenger wetgewing vir vuurwapens te eis.

Hulle het 17 minute van Maine tot in Kalifornië gestap: ’n minuut vir elkeen van die 17 slagoffers wat ’n maand gelede by die Marjory Stoneman Douglas High School in Florida doodgeskiet is, berig CNN.

By die Granada Hills Charter High School in Los Angeles het leerlinge op die voetbalveld gelê en die woord “Enough” uitgebeeld.

Die protesoptrede het deur die dag in ander stede voortgegaan en van die protesgangers het plakkate rondgeswaai en “genoeg” gedreunsing, terwyl hulle deur die strate gestap en voor staatsinstellings soos die Withuis betoog het, berig die BBC.

Hulle het ’n beroep op die regering gedoen om iets te doen voordat daar nog slagoffers is.

“Dit is nie ’n saak van links teen regs nie, maar van openbare veiligheid,” het Cate Whitman, van die LaGuardia High School in New York, gesê.

“Ons almal staan saam.”

In Parkland, Florida, het leerlinge van Stoneman Douglas, vroegdag klein vure om die skool geplaas. ’n Aanhaling deur ’n omgewingskenner het by die skool gehang en lui dat studente ’n steurnis kan wees as dit saak maak.

Dié leerlinge het nie beplan om enigiets te doen nie, behalwe om 17 minute uit die klas te stap, want baie van hulle berei voor op ’n optog op 24 Maart in Washington.

Maar soos die groepe oor die land heen groter geword het, het van hulle besluit om buite die skool met die protesoptrede voort te gaan.

“Die feit dat meer as een skool optree, bewys aan die politici en wetmakers dat ons verandering soek,” sê Audrey Diaz, ’n senior leerling.

Terwyl die leerlinge betoog het, het verteenwoordigers van die Withuis ’n wetsontwerp goedgekeur om veiligheid by skole te finansier.

Die Demokrate is egter ontevrede omdat die wetsontwerp geen wapenbeheermaatreëls insluit nie.

Intussen het ’n wetsontwerp in Illinois geslaag om die ouderdomsbeperking om ’n vuurwapen te koop tot 21 jaar te verhoog.

Nie almal het aan die protesoptrede deelgeneem nie.

Austin Roth, ’n senior leerling by die Lapeer High School in Michigan, sê hy ondersteun diegene wat deelneem om eer aan die slagoffers van vuurwapengeweld te betoon.

“Ek ondersteun egter nie diegene wat ’n tragiese gebeurtenis uitbuit om politieke agendas, soos vuurwapenbeheer, deur te druk nie.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!