Jong talent word op platteland ontmoet

11 November 2019 | Sport
Andrew Poolman - Twee lede van die nasionale afrigtings- en mediese span van Namibiese senior rugby reis dié week na die noorde en die kus as deel van 'n uitreikpoging om talent op onder 20-vlak te identifiseer.

Sergio de la Harpe (krag en kondisionering) en Dominic le Roux (sportwetenskaplike wat veral spelers se werklading monitor) sal hul eerste sessies op Tsumeb vandag van 12:00 en môre van 08:00 hê, waarby spelers van Grootfontein en die omgewing ook genooi is.

Môre om 15:00 sal die twee op Otjiwarongo wees, gevolg deur Walvisbaai Donderdag (10:00 en 16:00) waar spelers Swakopmund en die omgewing ook welkom is.

Nie net skolespelers van 18 en ouer nie, maar ook klubspelers word genooi om aan te sluit vir die toetse van basislyn krag, spoed en uithouvermoë.

Spelers word aangemoedig om reeds 30 minute voor elke sessie aan te meld.

De la Harpe en Le Roux, wat beide nou betrokke was by die voorbereiding van Namibië se 2019 Wêreld­beker-groep na Japan, het verlede week ook reeds sulke sessies in Windhoek gehou waarby spelers van Rehoboth en Okahandja ook kon inskakel.

Die uitreiking is op fiksheidstoetsing en talent-identifisering op onder 20-vlak gemik. Namibië behoort in Maart/April volgende jaar weer aan die kontinentale Jean-Luc Barthes-toernooi deel te neem, wat vir een land as kwalifisering na die Wêreld­rugby O.20 Trofee-toernooi dien.

Namibië het die afgelope jare hierdie kwalifiserende plek oorheers, maar het dit vanjaar afgestaan toe hulle die eindstryd van die Barthes-toernooi in Nairobi teen Kenia verloor het.

De la Harpe en Le Roux hoop om ook 'n besoek aan die suide van Namibië te reël – dalk reeds so vroeg as volgende week.

Soortgelyk

 

AgriBusDev-baas geskors

1st of June 18:23 | Regering

Mnr. Petrus Uugwanga, die landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) se besturende direkteur, is met onmiddelike effek geskors. Die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, het pas ‘n...

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

2 ure gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

6 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

7 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

18 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

18 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

18 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

18 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...