Jong San-vroue dring op hul regte aan

‘Stop viktimisering’

19 July 2018 | Maatskaplik
San-vroue en die tradisionele leiers van nege verskillende gebiede in die Omahekestreek het onlangs vir twee dae van opleiding, grootliks oor hul regte, bymekaargekom.

Dit is deur die Women’s Leadership Centre (WLC) en die Verenigde Nasies (VN) se Konvensie vir die Uitskakeling van alle vorme van diskriminasie teen vroue (CEDAW) aangebied.

Verteenwoordigers is van hul regte ingelig en bewus gemaak van hoe dit deur diskriminasie, vernedering, marginalisering en uitsluiting deur personeel van regeringsinstansies geskend word, wat die onderwys- en gesondheidsektor insluit, asook die polisie.

Die groep het ingestem om saam met die WLC aan ’n verslag oor San-vroue in Namibië vir die CEDAW-komitee by die VN te werk.

Tydens die geleentheid is die WLC se opvoedkundige boekie, CEDAW through San Young Women’s Eyes, bekend gestel.

Die San-vroue en tradisionele leiers het die platform gebruik om waardigheid, respek en die toepassing van hul regte te eis.

’n Goot bron van kommer is San-kinders se toegang tot onderrig. Van hul eise het ingesluit dat San-leerlinge met graad 10 as ondersteuningsonderwysers in skole gebruik word.

“Ons kinders benodig moedertaalonderrig in vroeë kinderontwikkelingsprogramme en primêre onderwys,” het die groep gesê.

Hulle eis ook dat diskriminasie stopgesit word teen San-ouers wat op skoolrade dien.

Kommer is uitgespreek oor die polisie se gewelddadige optrede teenoor die San, asook or polisiebeamptes wat verhoudings met San-meisies aanknoop.

Toegang tot gesondheid is nóg 'n kwessie.

“Ons benodig meer klinieke en mobiele klinieke op afgeleë gebiede. Sluit maatskaplike werkers in om berading te verskaf, en voorsien vertalers om toegang tot staatsdiens vir San-mense te vergemaklik," is die groep se pleidooi.

Hulle het ook gevra vir geskikte behuising, toegang tot water en sanitasie, en 'n strategie om San-gemeenskappe, insluitende jong San-vroue, by alle ontwikkelingspogings te betrek.

Dit sluit behoorlike data-insameling in om die impak van programme te bepaal.

“Stop die viktimisering van jong San-vroueleiers wat vir hul regte opstaan!" vra die groep.

Regeringsverteenwoordigers wat die opleidingsessie bygewoon het, het erken meer pogings is nodig om die baie uitdagings te oorkom wat jong San-vroue en hul gemeenskappe in die Omahekestreek ervaar.

Die WLC werk sedert 2014 daaraan om die stem, sigbaarheid en leierskap van San-vroue deur hul nasionale program, Speaking for Ourselves: Voices of San Young Women, te bevorder.

Hierdie program is gebaseer op die oortuiging dat, indien jong San-vroue bewus is van hul regte soos gewaarborg in nasionale en internasionale wette en konvensies, en toegerus is met die kennis en vaardighede om op hierdie regte aan te dring, hulle hul eie strategieë sal kan bedink om die diskriminasie en menseregteskendings wat hulle in die gesig staar, te oorkom en om aktiewe agente van sosiale verandering in hul gemeenskappe te word.

Die WLC sal in die toekoms twee verdere streeksopleidings- en konsultasiewerkwinkels en gesprekke vir jong San-vroue in ander streke aanbied.

Soortgelyk

 

ACC soek vir Rooies

11 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Maandagmiddag ’n verklaring uitgereik waarin hy die publiek vra om te help om die oudlanddros, mnr. Rooies Mostert,...

Ma, seun van Reho in hof ná tref-en-trap

16 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 45-jarige ma van Rehoboth verskyn na verwagting vandag saam met haar tienerseun in die landdroshof op dié dorp.Dít kom nadat die...

Hondelewe vir stropers

1 dag gelede | Ministeries

Francoise Steynberg op Waterberg - Pas ná die ministerie van die omgewing en toerisme met die opleiding van hul honde-eenheid teen stropery begin het, het...

NBC verdrink in skuld

1 dag gelede | Tegnologie

Augetto GraigDie voortslepende arbeidsgeskil by die nasionale uitsaaier (NBC) besorg mnr. Stanley Simataa, minister van inligting en kommunikasietegnologie, hoofbrekens, het hy gesê. “Die NBC verdrink...

PDM beraadslag oor grond

1 dag gelede | Politiek

Augetto Graig - Die nasionale uitvoerende komitee van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement (PDM), het Vrydagaand in voorbereiding op die komende nasionale grondkonferensie...

Weer vir 14 September 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Meestal sonnig en baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig met miskolle in die oggend op plekke. GETYE BY...

Noodvoedselbank vir hospitale sonder kos

1 dag gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Noodvoedselbank is in die Erongostreek geskep as ‘n tydelike oplossing vir die voedseltekorte wat tans in alle staatshospitale in die streek...

Hoop vir die wilde perde

1 dag gelede | Omgewing

Die wilde perde by Garub in die Suide is ’n vulletjie ryker. Volgens ’n verklaring van die Namibië Wildeperdestigting is die vulletjie se trotse ouers...

Namibiërs trotseer Bolivia se pieke

1 dag gelede | Mense

Elvira Hattingh - Twee kleinneefs, mnre. Gerhard Jacobs en Harmen Potgieter, het onlangs uit Bolivia teruggekeer nadat hulle van die eerste Namibiërs geword het om...