Jong ma verdwyn soos ’n groot speld
Ronelle Rademeyer - Die eksman van ’n jong vrou is rasend nadat sy Saterdagnag omstreeks 23:30 nooit tuis opgedaag het. Sy het in die kompleks in Diazstraat waar hulle woon, by vriende in ’n ander wooneenheid gaan kuier.
“Ek en ons dogter, Ciska (8), was by die huis en het Lego’s gebou nadat ons vroeër by vriende gebraai het. Sy het oorgestap na ’n ander eenheid in die kompleks waar ons bly om by vriende te gaan kuier,” vertel mnr. Gerhard van der Vyver.
Hy sê die 31-jarige me. Christine van der Vyver (foto) het nooit daardie nag teruggekeer huis toe nie. “Ek het gaan slaap en gedog sy kuier nog by die vriende 50 tree verder. Hulle was ook nie onrustig nie, want hulle het gedog sy is terug huis toe nadat hulle klaar gekuier het.”
Van der Vyver was gister by die polisie om haar as vermis aan te gee.
Hy sê hulle is onlangs weer versoen nadat sy ná hul egskeiding, weer getrou het. “Haar man (mnr. Ihan Krynauw), wat sy verlaat het toe sy teruggekeer het na my toe, weet ook nie waar sy is nie. Hy was saam met my by die polisie.”
Van der Vyver sê hy het al hul vriende en familie gebel en niemand weet waar sy is nie.
“Ons is baie gelukkig en sy is baie geheg aan ons dogter. Sy sal ons nie net so los nie,” sê hy.
Mense met inligting oor waar sy haar bevind, word versoek om vir Van der Vyver by 081 708 8485 te bel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie