Jong groepie wys belofte in Europa
Gimnastiek
Tielman van Lill
’n Span propvol jong talent van die Griffin Gimnastiekklub van Windhoek het onlangs besoek in Portugal afgelê om aan die internasionale Scalabis-bekerbyeenkoms deel te neem waar 17 lande met meer as 600 gimnaste teenwoordig was.
Die vernaamste doelwit was om ondervinding op te doen, maar die Namibiërs het die verwagtinge oortref deur met heelwat silwerware huiswaarts te keer. Met hul aankoms Dinsdagaand kon die span met twee spantrofees asook ’n eerste en ’n tweede plek spog wat hulle in die tuimel- en trampolienkompetisie opgeraap het.
Drie van die gimnaste het ook daarin geslaag om tot die individuele finale deur te dring, waar Hannah Cronje (vierde), James Milne Cindano (sewende) en Zacheo Jansen van Vuuren (agtste) goeie blootstelling gekry het.
Met van die beste jong gimnaste ter wêreld teenwoordig, was dit moeilik vir die gesoute mededingers om te glo dat die jong Namibiërs nog skaars vir een jaar aan gimnastiek deelneeem. Baie van hulle was nie eens bewus van ’n land soos Namibië nie.
Robert Honiball, afrigter van die span en op sy dag self ’n gimnas in internasionale kompetisies, is ingenome met sy sterre se vertonings en glo dat ’n blink toekoms vir hulle voorlê.
“Hierdie was ’n ongelooflike mylpaal in ons strewe om die sport tot die hoogste vlak in Namibië te neem. Die ander gimnaste wat daar was, het ons soos ’n deel van hulle aanvaar en ons glo dis die regte teken en ’n perfekte begin vir die pad wat vir ons vorentoe wag,” het Honiball gesê.
Belangstellendes kan by www.griffins.na op die hoogte bly van die klub se bedrywighede wat op weekdae by die Trustco United-saal oefen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie