Jol in Japan

20 September 2019 | Kuns en vermaak
Lloyd Zandberg



Japan is een van daai lande waaroor mense praat.

Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die kampvuur, sê iemand in 'n stadium iets oor die land. Hetsy karaoke of sushi, daar is iets omtrent die land wat jou laat wonder, meer van hom wil laat weet en soort van in die donker laat.

Japan is aan die anderkant van die aardbol, in Oos-Asië, en vorm deel van die oostelike kus van die Asiatiese vastelande geleë in die Stille Oseaan. Dit strek van die See van Okhotsk in die noorde tot by die Oos-Sjinese en die Filippynse See in die suide. 73% van die land is bergagtig en die meeste mense woon aan die kusdele, wat dit een van die digsbevolkte lande ter wêreld maak. Ons weet die hoofstad se naam is Tokio en sushi het daar ontstaan, maar wat anders skuil binne die grense van dié ongelooflike, voor-op-die-wa-land?

Wat eet hulle?

Sushi. Baie. En vis. Ook baie daarvan. Japannese gastronomie bied 'n oorvloed lekkernye met 'n verskeidenheid streeks- en seisoenale geregte. Elke streek bied iets spesiaals aan, maar wat jy oral in die land kry, is vis van vele soorte. En sushi. Dis algemeen dat restaurante in 'n enkele gereg spesialiseer, terwyl ander 'n verskeidenheid aanbied. Vis en rys is die vernaamste bestanddele van dié disse.

Topvyfdisse

1. Sushi en sashimi

Die voedsel waarmee die meeste van ons Japan assosieer: Sushi - rys bedek, omsingel of ondersteun deur groente en seekos.

Dis in Japan gebore en wêreldwyd bekend. Na aanleiding van die vorms en bestanddele, is daar vele sushi's, soos nigiri, maki, oshi en temaki.

Sashimi is skywe rou vis (of ander seekos) wat met wasabi, gemmer en sojasous bedien word. Dis algemeen om sushi of sashimi met skyfies radys in die land met die wit-en-rooi vlag te eet.

2. Ramen

Ramen is een van die gewildste kossoorte in Japan en is oraloor beskikbaar. Ramen bestaan uit ‘n paar basiese bestanddele, wat koringnoedels, sojasous, miso-sop en ‘n verskeidenheid kruie insluit. Ramen kan vegetaries wees of met vleis bedien word. Die mees algemene bykomende bestanddele is repies varkvleis, groenuie, seewier en eier.

3. Tempura

Tempura is 'n diepgebraaide vingerhappie wat meestal van seekos en groente gemaak word. Tempura verwys na die degie waarin die bestanddele gedoop en dan in vuurwarm olie gebraai word. Dié disse word hoofsaaklik met sojasous, gemmer of Tetsuyu-sous bedien.

Kultuur is belangrik

Die vroeë Japannese kultuur is sterk deur China beïnvloed.

Gedurende die Edo-era het Japan 'n streng buitelandse beleid van isolasie gehandhaaf en sy deure vir alle verhoudings met die buitewêreld gesluit. Dit het 'n prominente Japannese kultuur gekweek. In 1868 het Japan dit omgekeer, kulturele praktyke vanoor die hele wêreld aangeneem en dit vermeng met wat in die Edo-era tot stand gekom het. Die Westerse kultuur het deur die jare alle aspekte van die Japannese kultuur beïnvloed, insluitend kuns, leefstyl en kos.

Wat kan 'n mens sien?

Japan het wêreldberoemde besienswaardigehede.

Hier is van die bekendstes:

1. Keiserlike paleis in Tokio

Dit is geleë op die historiese terrein van die ou Edo-kasteel in die middel van Tokio en het reuse- geskiedkundige waarde. Toegang tot die paleis is beperk, maar begeleide toere deur die paleistuine word heeljaar aangebied. Die paleis is die hoofwoning van die Japannese keiser.

2. Osaka-kasteel

Dié gebou, wat van die 16de eeu dateer, is een van die hooftrekpleisters van Osaka. Die kasteel beskik oor ‘n museum wat die geskiedkundige verhaal van die gebou ten volle uitbeeld. Die kasteel word omring deur klipmure en ongeveer 600 kersiebome.

3. Kinkaku-ji

Dié tempel, bekend as die "Golden Pavillion", is geleë in die noordweste van Kyoto. Dit is een van die mees skouspelagte toeriste-aantreklikhede in Japan en bied uitstekende fotogeleenthede.

4. Arashiyama

Verborge in die westelike voorstede van Kyoto lê die klein Arashiyama-distrik waarop jy daderlik verlief sal raak. Die "Bamboo Grove" is sy beroemdste bate. Hordes dik bamboesbome versier die kronkelpaadjies wat baie fotogeleenthede bied. Dit en die Tenryu-ji-tempel is van die vele Unesco-wêrelderfenisgebiede in die land Unesco is die Verenigde Nasies se opvoeding-, wetenskap- en kultuurorganisasie.

5. Hiroshima

Hiroshima is ook ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied. Hier het een van bekendste gebeurtenisse in Japannese geskiedenis plaasgevind. Die Hiroshima-museum ter herdenking van vrede is ‘n moet vir enige toeris om te sien hoe die gruweldade wat op 6 Augustus 1945 plaasgevind het, in konteks geplaas is.

Dra hulle ook veldskoene?

Nee. Dis Japan. Daar is oënskynlik twee soorte modes wat die Japannese verkies: Tradisionele drag, soos kimono's, en Westerse klere. Die tradisionele mode kombineer verskeie style wat vroeë Japan se visuele kultuur weerspieël.

Oor die algemeen het straatmodes in Japan 'n paar jaar ná die Studentebeweging van 1968 begin, waarin mense in Japan en elders aktief teen die Viëtnamoorlog en kernwapens gekant was. Mode was die wyse vir mense om hul stemme te laat hoor en politiese kwessies aan te spreek.

Vandag is die modes in byvoorbeeld Tokio oormatig, baie kleurvol en uniek. Boksagtige silhoeëtte is kenmerke van Japannese mode, en wanneer Japan met internasionale modes volg, doen hulle dit op hul eie unieke manier.

Tegnologie

Japan is wêreldwyd bekend vir sy elektroniese nywerheid en elektroniese produkte lewer 'n reusebydrae tot die ekonomie. Dit is ook een van die voorste lande op die gebied van wetenskaplike navorsing, tegnologie, masjinerie en medici. Japan het die derde grootste begroting vir navorsing ter wêreld en het tans 677 731 navorsers.

Hou Kollig weekliks dop vir meer oor Japan.

KASSIE

Kitsfeite

Kitskoffie, karaoke en die Walkman het in Japan ontstaan.

In moderne Japan word taxideure outomaties oop- en toegemaak.

Lughawens word skoongemaak deur stofsuiers wat sonder menslike hulp werk.

Die land het ongeveer 126,8 miljoen inwoners.

Die geldeenheid is die Japannese jen.

Japan het die meeste Nobelpryswenners vir wetenskap in Asië.

Die QR-kode is in Japan uitgevind.

Dobbel is onwettig.

Japannese het die hoogste lewensverwagting ter wêreld danksy hul dieet en lewenstyl. Hulle is baie gesonde mense en oefen gereeld. Mans sal gemiddeld leef totdat hulle 81 jaar oud is en vroue tot 87 jaar.

Die Japannese eet meer as 17 miljoen ton vis per jaar.

Nog 'n gewilde dis in Japan is dun skyfies rou perdevleis. Dit word basashi genoem.

KASSIE

Vir nog Japan besoek:

www.lonelyplanet.com/japan

www.japan-guide.com

www.en.japantravel.com

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

7 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

7 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

7 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

7 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

7 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

7 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

7 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...