Joernaliste onder skoot
Joernaliste onder skoot

Joernaliste onder skoot

Die media stel dikwels net in sappige aspekte van ’n storie belang, sê ’n kabinetsminister.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê joernaliste doen nie altyd ewewigtig verslag nie.

Dikwels stel joernaliste net in die sappige besonderhede van ’n storie belang, sê hy.

“Kom ons doen asseblief akkuraat en regverdig verslag, maar sonder enige vooroordele,” het hy gisteroggend in Windhoek gesê.

Volgens hom was dít onder meer een van die boodskappe wat pres. Hage Geingob Dinsdagoggend by Staatshuis met die media gedeel het.

Niemand het dit egter in hul berigte die volgende dag weerspieël nie, sê hy.

Simataa sê joernaliste moet wegbly van waarna hy as leunstoeljoernalistiek verwys.

Dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het die afgelope week dieselfde deuntjie gesing.

Tydens twee gesprekke met Republikein het hy die media daarvan beskuldig dat hulle lui is en kortpaaie met stories neem.

Volgens die minister laat sommige joernaliste ook dikwels na om konteks te verskaf wanneer hulle oor pres. Hage Geingob se internasionale reise berig.

Al wat dikwels vermeld word, is die aantal reise en hoeveel dit na raming kos.

Hy sê Namibië is deel van die internasionale gemeenskap. Die land bestaan nie in afsondering nie.

Boonop, sê Simataa, reis geeneen van hulle vir plesier nie.

‘Ministers ook skuldig’

Hy het vir Geingob gelyk gegee dat sommige kabinetsministers wegskram van joernaliste se vrae.

“Ons het ’n plig om te eniger tyd met die media in gesprek te tree.”

Ministers, hul adjunkte, uitvoerende direkteure en woordvoerders het amptelike selfone, wat gebruik moet word om met die media te skakel.

“Ons moet bereikbaar wees – daar is geen verskoning nie.”

Maar, sê hy, joernaliste moet genoeg tyd gee vir ministers om op vrae te reageer, want “hierdie mense, wat ministers genoem word, het ’n volle besending verantwoordelikhede”.

Simataa sê almal moet verantwoordbaar wees – die regering en die private sektor.

Verantwoordbaarheid is Geingob se tema vir 2019.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!