Job vol beloftes

Behuising, ­verligting vir 2021 belowe

22 December 2020 | Regering
Augetto Graig

Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, het gister in sy jaarlikse toespraak gesê deelnemende demokrasie word deur die Progressiewe Kragte-koalisie, wat die mag vanaf Swapo geworstel het, na die hoofstad gebring.

Amupanda sê hy is nie net vir sy eie politieke party, die Affirmative Repositioning (AR), burgemeester nie. Die adjunkburgemeester staan ook nie net vir die Popular Democratic Movement (PDM) nie, of die voorsitter van die bestuurskomitee is nie slegs vir die Independent Patriots for Change (IPC) nie en sy medekomiteelid ook nie net vir die National Unity Democratic Organisation (Nudo) nie. “Almal vorm saam die progressiewe kragte.”

“Hulle het die era van konsensus, kritiese gesprek, debatte en samewerking ingelui,” sê hy van dié koalisie.

Hierdie kragte – onder Amupanda se leierskap – beplan om openbare harmonie en 'n gemeenskapsin in die hoofstad te kweek.

Een van sy doelwitte vir 2021 is spesifiek om die skuld van ou mense af te skryf wat nie in staats is om hul skuld af te betaal nie, sê hy.

Hy bied amnestie aan oortreders vir verkeersboetes en lasbriewe vir hul inhegtenisname wat voor 2 Desember 2020 uitgereik is, op voorwaarde dat die oortreders ten minste ses uur gemeenskapsdiens doen.

Amupanda waarsku veral taxibestuurders dat 'n stelsels geïmplementeer sal word om oortreders te monitor en lisensies herroep of opgeskort sal word indien nodig.

Behuising is hoog op Amupanda se prioriteite.

Om die sloping van huise te staak, aansporings vir werkgewers om huise vir hul werknemers te bou en meer munisipale betrokkenheid by behuisingsontwikkeling in die hoof­stad, is van die maatreëls wat die burgemeester voorstel.

Amupanda beplan die spoedige besetting van leë massabehuisingshuise in Otjomuise uitbreiding 10, die voltooiing van die diens van erwe in Goreangab uitbreiding 4, die bou van munisipale studentebehuising, die bou van huise vir soldate, tronkbewaarders en polisiebeampte te bespoedig, en die vestiging van 'n munisipale behuisingsfonds en 'n behuisingskema.

Hy wil ook gemeenskappe toelaat om openbare oop ruimtes in gemeenskapsparke te omskep.

Amupanda het aangekondig die adjunkburgemeester, me. Clemencia Hanases, sal die leiding neem om 'n taakmag teen seksuele en geslagsgeweld op die been te bring.

Die burgemeester se kantoor sal 'n nuwe komitee vir werkskepping en ekonomiese ontwikkeling huisves.

Hierdeur beplan Amupanda om middelmanne en oorbodige tenders uit te skakel.

Hulle moet ook help om die hoofstad se aandeelhouding by groot ontwikkelingsprojekte te verseker, korrupsie te bekamp en deursigtigheid te bevorder.

Volgens Amupanda moet meer gedoen word om die stadsraad se besluite deursigtiger te maak, navorsingskapasiteit binne die munisipaliteit te bebou en buitelandse beleide te vorm en tot uitvoering te bring.

Hy sê die Statebond Plaaslike Owerheidsforum, Algerië, Rusland en die stad van Vantaa in Finland het hom reeds in dié verband genader.

“Die stad (Windhoek) sal 'n internasionale verhoudingsbeleid bevorder tot die ondersteuning van ons ­doelwitte soos openbare harmonie, behuising vir waardigheid, ekonomiese ontwikkeling en werkskepping,” sê hy.

“As inwoners van hierdie groot nasionale hoofstad, smeek ek julle om die feestyd met geligte hoofde en geeste binne te gaan,” sê hy. “Dié is 'n nuwe seisoen van vooruitgang, verandering, vasberadenheid vir 'n beter Windhoek. 'n Windhoek wat omgee, redelik is, simpatiseer en meegevoel het met al sy inwoners,” sê hy.

[email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

20 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

20 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

20 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

20 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

20 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

20 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

20 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...