Jo sing vir Debbie

03 May 2019 | Kuns en vermaak
Jo Black se tweede album, Voel jy die genade, is op 8 Februarie vanjaar uitgereik en het in die eerste 10 dae ná sy vrystelling goue status bereik.

Die eerste enkelsnit op die album, wat dieselfde titel het, pryk reeds sedert Januarie vanjaar op trefferparades van radiostasies landswyd, en die musiekvideo is tot dusver al meer as 860 000 keer op YouTube gekyk.

Nou is hy terug met ’n splinternuwe rockballade, “Bitter”, wat nie net beloof om die hartsnare te roer nie, maar ook aanklank sal vind by gehore van alle ouderdomme.

Hy dra dié lied aan sy vrou, Debbie, op.

Dit is die tweede enkelsnitvrystelling van sy nuutste album af, wat in samewerking met Inhoud Huis Musiek vrygestel is.

“’n Mens besef nooit hoe nodig jy iemand het, tot daar ’n kans is dat jy daardie mens kan verloor nie,” verklap Jo oor die boodskap agter sy nuutste enkelsnit, wat hy saam met Johan Vorster geskryf het.

“‘Bitter’ is een van die beskrywendste woorde in Afrikaans. Jy kan bitter kwaad, bitter bly, bitter mooi, bitter stout of bitter lief wees. Dié is ’n lied om vir my vrou te beskryf hoe bitter nodig ek haar het.”

Die snit se meesleurende wysie is nie net strelend op die oor en hart nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank ná jy dit vir die eerste keer gehoor het en jou uitnooi om saam te sing, omdat die tema so toepaslik en universeel is.

“Ek hoop die publiek ervaar ook die dieper emosie agter die musiek. Ons het immers al almal ons harte op iemand verloor,” voeg hy by.

Die musiekvideo, wat deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus vervaardig is, is in Jo se restaurant, The Bearded Butcher, wat eersdaags sy deure oopmaak, verfilm en beeld die kontras tussen mans en vroue uit.

Hierdie treffende video sal op 3 Mei 2019 bekend gestel word.

Soortgelyk

 

Toetsing vir Covid-19 kry hupstoot

27th of May 11:38 | Gesondheid

Bank Windhoek het vandag hul skenking van reagent- en weefselmonstertoetsstelle aan die Namibië Instituut vir Patologie (NIP) aangekondig. Dié handelsbank se uitvoerende beampte, me. Jacquiline...

Bank en depot sal nie sluit nie, sê Peya

35 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga (foto, Nampa), sê mnr. Knowledge Ipinge, raadslid van die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, het...

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

43 minute gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die...

B-dag: Maak of breek

11 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

11 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

11 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

11 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...