JJ Smit vir GT20-franchise raakgesien
JJ Smit vir GT20-franchise raakgesien

JJ Smit vir GT20-franchise raakgesien

Waarnemers hoop van harte dat die deur geopen is vir meer Namibiërs om in sy voetspore te volg.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die veelsydige JJ Smit se deurbraak as die eerste Namibiese krieketspeler wat deur 'n ge­rekende internasionale T20-franchise gekontrakteer is, skep 'n uitstekende platform om sy aansienlike talent verder te verfyn.

Die Australiese sportjoernalis Daniel Beswick het laat Donderdagaand op Twitter die nuus gebreek dat die Vancouver Knights die onderskatte Namibiër se handtekening verseker het.

Kanada se Global T20-reeks (GT20) se tweede seisoen begin op 25 Julie en die Vancouver Knights het benewens Smit ook wêreldbrekers soos Chris Gayle en Andre Russell (Wes-Indië), Rassie van der Dussen (Suid-Afrika), Shoaib Malik (gewese Pakistan-kaptein) en Tim Southee (snelbouler van Nieu-Seeland) op sy boeke.

“Hulle het hul huiswerk gedoen – die @VKnights_! Hulle het JJ Smit (@die _originalJan) opgetel en dit kan 'n meesterskuif wees. Hy is 'n ernstige goeie speler met beide die kolf en die bal. Hy klap hulle,” het Beswick ná afloop van die spelersveiling getwiet, met verwysing na die besonderse gemak waarmee Smit van sy aanvallende kolfhoue sommer ver oor die grenstou kan lig.

Vanaf volgende maand kry hy dus die geleentheid om skouers te skuur in 'n sterbelaaide liga wat wemel met individuele wedstrydwenners soos Shahid Afridi en Wahab Riaz (Pakistan), Darren Sammy, Lendl Simmons, André Fletcher, Kieron Pollard en Dwayne Bravo (Wes-Indië), Faf du Plessis (Suid-Afrika), Brendon McCullum en Kane Williamson (Nieu-Seeland) en Yuvraj Singh (Indië).

Die 23-jarige Johannes Jonathan (JJ) Smit, gebore op Keetmanshoop, het reeds in 2012 in sy tienerjare vir die nasionale span in eersterangse krieket begin speel, terwyl hy ook die junior span na die o.19 Wêreldbeker gehaal het.

As linkerarm snelbouler en regshandige kolwer het Smit volgens sy Cricinfo-blad in 37 internasionale T20-wedstryde gespeel. As kolwer handhaaf hy 'n lopietempo van 130 en het hy reeds elf sesse en 12 viere gemoker, hoewel hy gewoonlik redelik laat ingestuur word. As T20-bouler besorg sy 27 paaltjies hom met 'n treftempo van 'n paaltjie met elke 26.2 balle, terwyl hy gemiddeld 7.54 per boulbeurt afstaan.

Smit het in April vanjaar sterk na vore getree as onbetwiste speler van die toernooi toe Namibië se Eagles as kampioenspan van die IKR Wêreldkrieketliga afdeling 2-toernooi vir eendagkrieket geëindig het.

Dié prestasie het vir die land internasionale eendagstatus vir die volgende twee jaar vasgeknoop. Sy bydrae was 221 lopies (gemiddeld 55.25) met twee vyftigtalle, asook 13 paaltjies teen 14.53.

Van Namibië se portuur lande en komende eendag-opposisie soos die Verenigde Arabiese Emirate, Nepal, die VSA, Hongkong en andere het ook staatmakers opgelewer wat deur die Kanadese GT20-franchises opgeraap is.

Die groeiende geloof dat sulke wonderwerke inderdaad ook vir 'n “kleiner” krieketspan soos Namibië moontlik is, word sterk deur die nasionale afrigters Pierre de Bruyn en Albie Morkel aangestook.

De Bruyn het sy saadjies reeds begin plant in die nasionale o.19-span van 2016, wat in die Wêreldbeker in Bangladesj vir Suid-Afrika geskok en 'n merkwaardige sewende plek behaal het.

Krieket Namibië se president, dr. Rudie van Vuuren, het aan die koerant gesê: “JJ Smit se insluiting vir Kanada se T2-weergawe van die Indiese Premierliga (IPL) is die vervulling van Krieket Namibië (CN) se visie om vir jong mense in die land loopbaangeleenthede te skep.

“JJ se harde werk op en van die veld het uiteindelik vrugte afgewerp en CN is ongelooflik trots op hom.

“Die onlangse suksesse van die senior manspan onder leiding van Pierre de Bruyn het gehelp om die kollig op JJ te plaas. CN se fokus is om meer sulke geleenthede vir die Namibiese kind te skep.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!