Jeugraad vra studiegeld
Jeugraad vra studiegeld

Jeugraad vra studiegeld

Augetto Graig
Augetto Graig - Die uitvoerende hoof van die Nasionale Jeugraad (NYC), mnr. Mandela Kapere, het vir 'n nuwe benadering tot die ­finansiering van minder­bevoorregte hoër onderwys­studente gevra.

Hy sê daar is geweldige druk op die Nasionale Hulpfonds vir ­Studente (NSFAF) en hulle kan nie voorbly nie.

Volgens die jeugleier is daar honderde Namibiërs wat akademiese toegang tot hoër onderwys verdien, maar wat weens armoede uitgesluit sal bly, met geen geleentheid om hul drome 'n werklikheid te maak nie.

Kapere sê die finansierings­model wat tans gebruik word, moet hersien word.

“Hoewel beurse en lenings toegeken word, kan studente wat dit verdien, nie betekenisvol ­bygestaan word nie.

Soms maak die vereistes om vir finansiering te kwalifiseer, dit vir arm studente onmoontlik om verder te studeer,” sê hy.

“Ons moet dus spoedig 'n finansieringsmodel vir hoër onderwys ontwikkel wat doeltreffend en volhoubaar is en wat die uitdagings van minderbevoorregte studente sal verlig,” sê hy.

Kapere het gevra die private sektor moet meer betrokke by die finansiering van studente raak.

Hy stel 'n finansierings­model voor wat die openbare ­vennootskapsbenadering volg, soos voorgestel in die nuutste Nasionale Opvoedkundige ­Konferensie (2011), met bydraes van die regering én die private sektor.

“So 'n finansieringsmodel sal nie net aan die Universiteit van Namibië (Unam) se vereiste 50%-deposito voldoen nie, maar sal ook akademies verdienstelike, maar minderbevoorregte studente se struikelblokke verwyder,” sê Kapere.

Hy het die NSFAF se uitdagings toegeskryf aan die groot aantal voormalige begunstigdes wat nie hul lenings terugbetaal nie, en sê ander voornemende studente ly hieronder. Kapere het ook president Hage Geingob se beskikbaarmaking van N$150 miljoen verwelkom om die NSFAF se skulde tydelik te delg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!