Jeuggeweld ruk Outjo

'n Plattelandse gemeenskap steier steeds onder die skok van twee moorde binne 43 minute.
Denver Kisting
Denver Kisting



Drie jongelinge van Outjo is steeds agter tralies nadat hulle glo sowat 'n maand gelede twee ander jong mans binne 43 minute doodgesteek het.

Die drietal is eergisteroggend aanvanklik op borgtog van N$2 000 elk vrygelaat, maar die hof het later die dag dié bevel gekanselleer nadat die ondersoekspan tussenbeide getree het.

Een van die beskuldigdes is 'n 17-jarige tiener.

Twee van hulle word met ander geweldsmisdade verbind.

Mnr. Willem Haodom (24) staan op Outjo tereg op 'n onverwante saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, terwyl die ander vermeende makker, mnr. Brendon Haradoeb (19), op Otjiwarongo teregstaan op aanklag van verkragting.

Inspekteur Maureen Mbeha, 'n polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, sê die drietal het glo in die vroeë oggendure van 2 Februarie die moorde gepleeg.

Omstreeks 02:00 is mnr. Seth Sidney /Gawiseb (27) vyf keer met 'n mes gesteek. Hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Die tienerverdagte en die twee volwassenes het glo omstreeks 02:43 die 26-jarige mnr. Brendon Alfredo nege keer gesteek.

Hy is ook op die toneel dood.

Mbeha sê die drie verdagtes is op dieselfde dag in hegtenis geneem.

Hulle het op Maandag 4 Februarie hul eerste verskyning op aanklag van moord in die Outjo-landdroshof gemaak. Hulle is borgtog geweier.

Die jongelinge moet weer op 24 April in die hof verskyn ná hul tweede verskyning Woensdag.

Mbeha sê die polisie is besorg oor die aantal mesverwante geweldvoorvalle op Outjo, veral aan die hand van jongelinge.

“Daar is kommer oor mesaanvalle onder die jeug op Outjo. Dit kom gereeld voor,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!