Jeugfasiliteite gevandaliseer
Geboue in baie streke is in ’n haglike toestand.
'n Gebrek aan behoorlike bestuur en instandhouding het daartoe gelei dat jeugfasiliteite soos koshuise en sportvelde in baie streke in haglike toestande is.
Die parlementêre komitee vir geslag, jeug en inligtingstegnologie het dié ontdekking verlede maand gemaak toe hulle die Erongo-, Oshana-, Oshikoto-, Otjozondjupa-, Omusati-, Kavango-Oos- en Ohangwenastreek besoek het.
Twee weke gelede het Nampa op Swakopmund met mnr. Ambrosius Kandjii, voorsitter van die komitee, gesels.
"Dit is teleurstellend. Daar is toesig oor die meeste van die plekke, maar opknapwerk moet gedoen word," het hy gesê.
“Hoe motiveer ons die jeug?" het Kandjii gevra.
Op Swakopmund was die komitee met die instandhouding van die Vineta-sportstadion beïndruk, maar die jeugherberg is vernietig.
Die gebou het ernstige herstelwerk nodig. Die komitee het ontdek daar is 10 jaar laas enige herstel- en opknapwerk aan die koshuis gedoen.
Afgesien van 'n behoefte aan nuwe beddegoed is daar ook lekkende krane en stukkende vensters.
Die komitee het ook bevind 'n senior personeellid van die jeugherberg werk onder onnodige druk omdat haar twee kollegas nie by die Swakopmund-kantoor is nie.
Mnr. Gerson Geingob, die streekshoof, is op Usakos, terwyl mnr. Tobias Mumoye, die plaaslike jeugbeampte, in Windhoek is.
"Dit kan korrupsie wees. Iemand word aangestel om op Swakopmund te wees, maar hy werk glo van Windhoek af," het mnr. Jason Ndakunda, raadslid van die Engela-kiesafdeling en ook lid van die komitee, gesê.
Die twee koshuiswerkers word ook oorwerk, aangesien minstens drie meer sulke posisies gevul moet word, en sedert verlede jaar het hulle nog nie oortydbetaling gekry nie, het Ndakunda gesê.
Me. Rosalia Tjaveondja, waarnemende permanente sekretaris in die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, het gesê die algehele gebrek aan opknapping en instandhouding word deur finansiële tekorte veroorsaak.
"Instandhouding was ’n uitdaging met die huidige finansiële situasie," het Tjaveondja gesê.
Sy het bygevoeg die aanstelling van mense is ook ’n uitdaging weens die beperkte begroting.
Sy het voorts gesê die ander senior personeellede is nie op Swakopmund nie omdat daar geen kantoorruimte is nie.
"Ons het reeds reëlings getref sodat Mumoye Swakopmund toe kan gaan. Wat Geingob betref, wag ons vir die Staatsdienskommissie se goedkeuring om hom te laat verhuis, "het sy gesê.
Tjaveondja het gesê wat oortydbetalings betref is daar 'n probleem met ingediende eisvorms, aangesien sekere vereiste dokumente of inligting nie verskaf is nie.
Sy het gesê sodra dit uitgesorteer is, sal die werkers betaal word.
Die Swakopmund-jeugherberg bied akkommodasie, kampeer- en selfsorggeriewe aan veral leerlinge wat die dorp vir sportaktiwiteite of -toere besoek. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie