Jerusalem: u2018Geweld gaan toeneemu2019
Jerusalem: u2018Geweld gaan toeneemu2019

Jerusalem: ‘Geweld gaan toeneem’

Verhoogde geweld word gevrees ná Amerika se besluit oor Jerusalem as hoofstad van Israel.
Die Arabiese Bond sê Amerika se besluit om Jerusalem as hoofstad van Israel te erken sal geweldpleging oor die streek heen verhoog en het die land versoek om daarvan af te sien.

Die Bond het tot Saterdagaand laat in Kaïro vergader en sê pres. Donald Trump se besluit is ’n “gevaarlike verbreking van internasionale reg”, berig Reuters. ’n Verklaring deur die Arabiese Bond is hieroor in die vroeë ure van Sondagoggend uitgereik.

Hulle sê ook die besluit van Trump is ongeldig en hulle sal begin met diplomatieke optrede, dan politieke stappe, dan ekonomies en uiteindelik finansieel. Meer besonderhede is nie gegee oor presies wat dit behels nie.

Gebran Bassil, minister van buitelandse sake van Libanon, sê Arabiese lande moet dit oorweeg om ekonomiese sanksies teen Amerika in te stel, sodat dié land gekeer kan word om sy ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te skuif.

Volgens Bloomberg kan Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, ’n koue ontvangs verwag wanneer hy vandeesweek die Europese Unie besoek. Hy sal dié week Emmanuel Macron, die Franse president, en ander buitelandse ministers in Brussels ontmoet.

Weens die besluit van Trump het Mahmoed Abbas, Palestina se president, besluit om nie Mike Pence, Amerika se visepresident, te ontmoet wanneer hy dié streek later die maand besoek nie. Daar was Saterdag vir die derde dag geweld in Gaza weens Trump se besluit, berig Reuters.

Die BBC berig dat die Arabiese Bond ook ’n versoek aan die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gerig het om die besluit te veroordeel. Verder sê hy dat dit nou onmoontlik kan wees vir Amerika om as vennoot op te tree om vrede tussen Israel en Palestina te probeer bewerkstellig.

Jerusalem is van groot belang vir Israel sowel as Palestina omdat dit heilige terreine het vir die Joodse geloof, Islam en Christene. Israel bewoon die oostelike sektor – voorheen deel van Jordanië – sedert 1967 en het dit by sy land gevoeg in 1980, maar dit is nie internasionaal erken nie, berig die BBC.

Volgens ’n vredesooreenkoms in 1993 moet die finale status van Jerusalem in latere gesprekke bepaal word. Die laaste ronde het in 2014 doodgeloop. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!