Jennifer kom kuier weer!

10 May 2019 | Kuns en vermaak
Die gewilde Suid-Afrikaanse sangeres Jennifer Zamudio kom weer Namibië toe vir ‘n paar optredes met haar treffertoer, Meer as liefde.

Sy word bygestaan deur die Namibiese sanger Cee-Jay Jacobs. Saam is hierdie twee kunstenaars ‘n wenkombinasie en gaan vir vermaak uit die boonste rakke sorg.

Kollig het Jennifer ’n paar vinnige vrae gevra:

Jy kuier gereeld in Namibië, hoekom hou jy so baie van die land?

Ek het sedert 2006 probeer om elke jaar in Namibië met my musiek te draai. Afgesien van die ongelooflike natuur het Namibië se mense my hart aangegryp. Dit word met elke besoek weer en weer bevestig Namibiërs is die sout van die aarde. Dit is mense wat hul harte en ore oopmaak en my die geleentheid gee om te doen waarvoor ek so lief is. Dis ‘n voorreg om vir Namibiërs te kan sing, en ek sal altyd terugkeer.

Jy het vanjaar 'n Ghoema-toekenning ontvang. Vertel ons meer hiervan.

Dit was ‘n groot voorreg! Ek is in die kategorie vir beste kontemporêre album deur ‘n vroulike kunstenaar vir my album Goud is my woorde genomineer, en ook in die kategorie vir die publiek se gunsteling- vroulike kunstenaar. Dit was vir laasgenoemde wat ek toe my Ghoema ontvang het. Wat so ongelooflik is, is dat daardie kategorie slegs deur die publiek se stemme bepaal word. Dit is wat dit ekstra spesiaal gemaak het om dit te kon ontvang.



Watter plek in Namibië wil jy nog graag besoek?

Ek sal graag eendag Lüderitz en omgewing wil besoek. Ek sien altyd die mooiste foto’s en hoor die interessantste stories oor dié plek. Ek sal dit graag self wil ervaar.

Hoe is jou 2019 tot dusver?

Ek kan met eerlikheid sê die jaar behandel my tot dusver goed en ek is baie dankbaar daarvoor.



Wat beplan jy vir die res van 2019?

Ek toer vir die res van die jaar met my show Meer as liefde en neem ook my nuutste CD, Goud is my woorde, na die mense toe!

Optreedatums:

10 Mei:

Om 18:30 by die Redline-motorklub in Windhoek. Dis ’n fondsinsameling vir die Dare to Care-droogtehulpfonds.

Kaartjies is N$400 per persoon of N$4 000 per tafel van 10 mense en sluit ‘n ete en wyn in.

Bespreek by Atasha op 081 300 3993 of Lee-Ann op 081 170 4119.

17 Mei:

Om 20:00 by Desert Tavern op Swakopmund

Kaartjies is N$100 per persoon en deure open om 18:30.

Skakel (064) 404 204 vir besprekings.

18 Mei:

Om 19:30 by Atlantis-sportklub op Walvisbaai. Dis ’n fondsinsameling vir Walvisbaai se Dierebeskermingsverenigiing (DBV).

Kaartjies kos N$120 elk en kinders o/12 kry gratis toegang. Stalletjies open om 10:00.

Skakel 081 127 6830 vir besprekings.

23 Mei:

Om 19:00 by Memoirs op Otjiwarongo.

Kaartjies is N$120 elk. ’n Kontantkroeg is beskikbaar en etes teen N$60 per persoon.

Skakel 081 128 3610 of 081 122 7573 vir besprekings.

24 Mei:

Om 20:00 by Omateko Lodge op Gobabis.

Kaartjies kos N$120 per volwassene en N$60 per kind.

Skakel 081 490 3981 of 081 370 1468 vir besprekings.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....