Jemeniet ontken moord op Malinees
Jemeniet ontken moord op Malinees

Jemeniet ontken moord op Malinees

NAMPA
Die Jemense burger wat in hegtenis geneem is vir die vermeende teregstellingstyl-moord op 'n Malinese burger in Augustus 2016, het Dinsdag ontken hy het die misdaad gepleeg.

Die 39-jarige mnr. Murad Esmail Ali Al-Hersh is op 2 Augustus deur die Namibiese polisie se eenheid vir ernstige misdaad in hegtenis geneem nadat die liggaam van mnr. Gamby Maya in die Kleine Kuppe-woonbuurt op 31 Julie verlede jaar ontdek is.

Al-Hersh het skuld aan die misdaad ontken toe hy Dinsdagoggend voor landdros Melissa Mugunda in die landdroshof in Windhoek verskyn het.

Dié pleit is in terme van die bepalinge van artikel 119 van die strafproseswet aan die hof voorgelê.

Al-Hersh, wat in Suid-Afrika gewoon het voordat hy homself in Namibië gevestig het, is in ­Ongwediva in die Oshanastreek in hegtenis geneem.

Hy was in die besit van ongeveer N$70 000.

Na bewering is die 35-jarige ­Malinees vermoor omdat hy nie reken­skap kon gee van US$150 000 (sowat N$2 miljoen) ná 'n omskakeling van minstens US$500 000 na Namibiese dollars (ongeveer N$6,4 miljoen) nie.

Maya is tussen sy oë geskiet terwyl hy in sy voertuig gesit het. Die voertuig is later verlate in die Olympia-woonbuurt gevind.

Die verhoor is tot 26 September vir 'n beslissing deur die aanklaer-­generaal uitgestel.

Al-Hersh sal intussen in ­Windhoek se sentrale gevangenis in aanhouding bly. Sy borgtogaansoek was op 11 November verlede jaar o­nsuksesvol.

Staatsaanklaer Cedric Mundia het namens die staat opgetree. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!