Jayasuriya van knoeiery aangekla
Krieket
Die Sri Lankaanse krieketheld en voormalige Wêreldbeker-wenner Sanath Jayasuriya is deur die Internasionale Krieketraad (IKR) ingevolge sy teenkorrupsiewet aangekla.
Hoewel die IKR se klagstaat redelik vaag is, word daar in die Sri Lankaanse media berig dat Jayasuriya (49) van wedstrydknoeiery verdink word en glo ook kolfblaaie help dokter het.
Die IKR sê Jayasuriya het 14 dae om op die klagte teen hom te reageer en dat hulle nie voor dan enige verdere kommentaar oor die voorval sal lewer nie.
Jayasuriya, wat 110 toetse en 445 eendagwedstryde vir Sri Lanka gespeel het, is ingevolge art. 2.4.6 en 2.4.7 van die IKR se teenkorrupsiewet aangekla.
Art. 2.4.6 het te make met die ongeregverdigde weiering om saam te werk met enige ondersoek wat deur dié eenheid uitgevoer word, asook die versuim om inligting en/of dokumentasie akkuraat en in die geheel aan die teenkorrupsie-eenheid te verskaf.
Art. 2.4.7 handel oor die obstruksie of vertraging van enige ondersoek deur die teenkorrupsie-eenheid. Dit kan die wegsteek van, peuter met of vernietiging van dokumentasie of inligting wat op die ondersoek betrekking het, insluit.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie