Japanse boot op rotse in seedrama
Japanse boot op rotse in seedrama

Japanse boot op rotse in seedrama

Bemanning van 24 lyk veilig
Des Erasmus
Des Erasmus en Otis Fink - ‘n Sterk geur van diesel op die noordstrande was laat gistermiddag ‘n aanduiding van ‘n skeur in die buik van die Fukuseki Maru No. 7 waar die vissersboot sowat 5 km suid van die wrak van die Winston teenoor die bekende hengelplek Skilpadklip op ‘n rotsrif geloop het.

In daardie stadium het ernstige kommer nog nie oor die veiligheid van die bemanning van 24 bestaan nie.

Gistermiddag om 16:30 was ‘n span duikers van Walvisbaai reeds op die strand waar hulle op ‘n vrag reddingstuig, waaronder rubberbootjies, gewag het om in te gaan. In daardie stadium was die see nog taamlik kalm met rowwer water wat vir vandag voorspel word. Die groot poging van die strand sal waarskynlik eers vanoggend sowat 160 km noord van Hentiesbaai begin.

Seeafstande is moeilik om van die strand te skat, maar deelnemers aan die Namibiese nasionale hengelkampioenskappe by die Winston meen die Fukuseki lê sowat 3 km van die strand. Laat gistermiddag het die agterstewe van die tunaboot reeds begin lig, ‘n teken dat groot skade veroorsaak is.

Toe die hengelaars gistermiddag ná die eerste van hul drie vangdae teenoor die boot verbygery het, kon ‘n seevaartuig reeds teen sy wand waargeneem word. Dit was beskou as ‘n tweede vissersboot wat die Fukuseki Maru te hulp gesnel het met kommer oor die veiligheid van die bemanning wat afgeneem het. In die vlak water was toe reeds dieselvlekke.

Die voorval is gister op Walvisbaai deur mnr. Francois van Rooyen van die agentskap Express Services bevestig. Volgens hom is dit ‘n tunaboot wat op langlynvangste in Angolese seegebied konsentreer, maar wat wel op Walvisbaai geregistreer is. Volgens hom was die 24 bemanningslede veilig. Hy het ook die optrede van die duikers bevestig wat onder meer moet vasstel of die boot geberg kan word.

‘n Moontlikheid wat genoem word, is dat die stranding aan ‘n menslike fout toegeskryf kan word. “Dit lyk of die nagwag in die nagtelike ure van Donderdagoggend by die stuur aan die slaap geraak het.”

Die Fukuseki was uit die Angolese seegebied op ‘n vaart na Walvisbaai om die bemanning om te ruil en voorrade in te neem.

In Windhoek het me. Riturumik Hei van die afdeling ekonomiese samewerking, kultuur en inligting van die Japanse ambassade, gesê die ambassade was nog nie oor die voorval ingelig nie. Gevolglik was daar ook geen inligting oor die boot en die veiligheid van die bemanning nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!