Jan Taks kry nuwe aanlyn stelsel
Die ministerie van finansies skakel vroeg in volgende jaar na 'n nuwe belastingstelsel oor.
Elvira Hattingh
Namibië sal vroeg volgende jaar met 'n wêreldklas geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas) spog, wat vir beter outomatisering en moderne funksies sal sorg en sal beteken Namibiërs kan hul belastingsake in die gemak van hul eie huise afhandel.
Die ministerie van finansies se afdeling vir binnelandse inkomste het onlangs 'n nuusverklaring uitgereik om die publiek hieroor in te lig, aangesien die oorskakeling van die ou na die nuwe stelsel sal behels dat die nasionale belastingstelsel vir meer as twee weke ontkoppel sal wees.
Dit beteken tussen 31 Desember vanjaar en 16 Januarie volgende jaar sal transaksies nie verwerk kan word nie, en sal belastingsklaringsertifikate, asook die registrasie van nuwe belastingbetalers nie kan plaasvind nie.
Belastingbetalers sal steeds belastingvorms by alle kantore landswyd kan indien en belastingbetalings deur middel van elektroniese oorplasings of direkte bankinbetalings kan doen.
Volgens die verklaring sal Itas die bestaande Taxlive-stelsel van 17 Januarie af vervang en dan 'n diens aanbied wat te enige tyd beskikbaar sal wees.
Mnr. Paavo Amunjela, adjunkprojekbestuurder van Itas, het aan Republikein verduidelik die nuwe stelsel sal verskeie nuwe voordele vir belastingbetalers inhou en kan met Itas-stelsels wêreldwyd vergelyk word.
Dit sal belastingbetalers in staat stel om te alle tye aanlyn navraag te doen en hul belastingopgawes in te dien. Hy het gesê die stelsel is by Namibië se unieke behoeftes aangepas.
“Ons het voorsorg getref om te verseker die oorskakeling na die nuwe stelsel vind met die minste struikelblokke plaas, en in so 'n kort tydperk as moontlik.
“Ons voorsien die vereistes van die nuwe Itas-stelsel kan aanvanklik 'n aanpassing vir belastingbetalers wees, maar dit is iets waaraan hulle gewoond sal raak,” het hy gesê.
Belastingbetalers word aangemoedig om as e-diens-gebruikers te registreer sodra die nuwe belastingstelsel in werking is, omdat hulle sodoende van elektroniese dienste gebruik kan maak om hul belastingopgawes in te dien en baie vinniger diens kan kry.
Volgens die nuusverklaring kan belastingbetalers dan registreer deur by www.itas.mof.na in te teken en die Itas-gebruikersgids af te laai, of deur die hulpsentrum te skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie