Jammer om te pla
Lloyd Zandberg - Verlede week ry ek en ‘n maat Windhoek so hoofstraat deur. Dit was ‘n Sondag, my krag was laag en my energie laer, en nie een van ons was lus om te kook nie. Die maklikste oplossing vir ons sitausie was ‘n wegneemete. Maklik en min moeite.
Eers dink ons Duitse kos. ‘n Lekker eisbein met sauerkraut en mash, maar dan moet ons vooraf bestel en wanneer ons tuis kom, het die hele spul loop jellie trek. Die Asiese restaurant is vol, want die meeste mense geniet ‘n beef oyster op ‘n Sondagaand. Nee, sê ek vir haar, kom ons vang ‘n KFC.
“Dan hoef ons nie eers uit te klim nie. Ons sit in die kar en bestel. Ek het kontant.”
Sy knik asof sy nooit ‘n keuse gehad het nie.
Toe ry ons na die KFC in die middel van die dorp.
Dít was koelerig, het ek gedink toe ek ons bestellings aan die luidspreker gee.
“Thank you. You may proceed to counter two,” antwoord die stem.
Tussen die bestelhokkie en die betaalhokkie spring ‘n jong man agter ‘n kragboks uit. Ek skrik my in ‘n vloekwoord in. Ek maak ‘n noodrem en steek my linkerhand uit na voor my maat, soos wat my ma met ons altyd gedoen het.
“Wat doen jy?!” gilvra dié.
Ek sê: “Hier is ‘n man in die pad.”
“Pas op!” gil die maat.
Ons albei sit soos studente by ‘n gradeplegtigheid. Op aandag en so half angstig.
Toe kyk ons vir mekaar en haal gelyk asem. Die jong man wys ek moet stop en my ruit afdraai. Iets het vir my gesê ek moet dit dalk doen. Ek is gaande oor ‘n storie en ek was juis op soek na iets om oor te skryf vir hierdie rubriek.
“Naand, oom en tannie. Jammer om te pla,” sê die jong man.
“Moet my asseblief nie oom noem nie. Ek het beswaarlik matriek. En ek is emosioneel,” sê ek.
“Ek vra hartlik om verskoning vir my wanindruk. Ek wil net vir u en u vrou vir ‘n guns vra,” sê hy.
“Ons is net vriende,” voeg my maat by.
Ek maak my ruit toe. Ek kyk na my maat en ons albei dink dieselfde.
Hoe op dees aarde het dit gebeur?
Hier staan ‘n aangename jong man en spreek ons in HAT-Afrikaans toe. Sy stem klink soos een van Kosmos se omroepers s’n: helder, duidelik, volroom en perfek. Ons hoop nie hy bedel nie.
Ek draai weer af.
“Vra maar,” sê ek.
“Ek is jammer om te vra, maar het u nie dalk ‘n kleingeldjie tot my beskiking nie?”
Whaaa! Draai ek weer die ruit op.
Sy taalgebruik move my, dink ek en ek sê dit vir my maat. Af met die ruit.
Hoe gebeur dit? Wanneer word die voetfout gemaak? Is dit sy ouers se skuld? Het hy iewers die padaanwysings gemis? Watter bus het hy verpas? En gaan hy ooit weer regkom?
“Waar het jy so mooi leer Afrikaans praat?” vra ek.
Agter ons trek ‘n kar in en begin histeries toet.
“Ek was in WHS, oom,” verklaar hy.
“En toe?” vra Maat.
“Ek het die verkeerde keuse gemaak, tannie. Ek het . . .”
“Hoe oud is jy?” val ek hom in die rede om die tannie te laat verdwyn.
“26 jaar oud.”
Agter ons klink dit of die bestuurder met sy kop op die toeter aan die slaap geraak het.
“Ek wil julle nie langer pla nie. Geseënde aand vir julle,” sê die jong man.
En toe verdwyn hy weer agter die kragboks in. Ek maak die ander ruit oop. Ek praat verby my maat, in sy rug vas.
“Luister, jy, ek praat met jou,” roep ek, “gaan terug na waar jy dink jy dink die pad begin skeefloop het. En dan begin jy oor. Of probeer weer. Doen net iets. Jy het baie potensiaal. Gaan na Kosmos se kantore. Sê vir hulle jy wil nuus lees. Jy het die regte stem.”
“Dankie, oom. Ek waardeer dit opreg,” sê hy.
Ek sê: “Daar voor is vir jou ‘n Streetwise Two en ‘n Twister Meal. Ek kom volgende Sondag weer en dan wil ek hoor wat Kosmos sê.”
Om “oom” of “tannie” genoem te word, is werklik nie die ergste ding wat met jou kan gebeur nie.
Jy kan met baie potensiaal sit en dit nie weet nie.
Dis baie erger.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie