Jakkals kom sy luiperd teë
Luiperds verkies middelslag bokke, maar is meer geneig as enige ander karnivoor om roofdiere soos jakkalse te vang.
Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n boom optrek.
Mnr. Hardus Potgieter, wat saam met sy familie besoek afgelê het aan die park wat teenaan Namibië grens, het dié voorval op kamera vasgevang.
“Ná ons kuier in Namibië by familie het ons binne die park van Mata-Mata af gery toe ons op die luiperd afkom, wat langs die pad was.
“Hy het tussen sy bome gespeel – dán klim hy in die een, dán in die ander. Hy het ook aan die bome geruik en dit gemerk.
“Naderhand het hy terug oor die pad gestap en rustig by ‘n krans gaan lê. Ons sien toe sy houding begin verander en dit lyk of hy wil jag.
“Ons reken hy het toevallig op die jakkalse in die gebied afgekom. Hy begin toe een van hulle bekruip, spring in die bos - en daar hét hy hom!
“Die ander jakkalse het daarna nog na hul maat geloop en roep,” het Potgieter vertel.
SKU NAGDIER
Volgens African Wildlife Detective is luiperds dié groot kat wat die algemeenste in Afrika voorkom, hoewel dit ook die moeilikste soort kat is om raak te sien.
“Die rede hiervoor is dat hulle sku, geheimsinnige nagdiere is. Hulle is ook die sterkste boomklimmer onder die groot katte. Hulle kan karkasse wat meer as 50 kg weeg teen vertikale boomstamme optel.
“Die luiperd eet ook meer roofdiere as ander karnivore – veral jakkalse. Tog verkies hulle middelslag bokke,” word op hul webwerf verduidelik.
Hulle eet hul prooi verkieslik in bome sodat aasdiere soos hiënas dit nie afvat nie. Die luiperd sal prooi oor ‘n paar honderd kilometer bekruip, of die prooi voorlê as dit in sy rigting beweeg. Sodra hy sowat 10 meter van sy prooi af is, sal die luiperd uitspring en die dier doodmaak.
Hulle merk hul gebied deur urine en ontlasting. Hulle maak ook merke aan boomstamme met hul naels en geluide om hul gebied te merk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie