Jagluiperds: Onwettige handel by beraad bekyk

Minder as 20% van die vinnigste dier op land waarmee gesmokkel word, oorleef.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die stigter en uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund (CCF) buite Otjiwarongo lewer tans pleidooie vir jagluiperdbewaring by die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad (Cop18) in Genève, Switserland.

Dr. Laurie Marker sê daar is minder as 7 500 jagluiperds in die wildernis oor en die vinnigste dier op land is onder Aanhangsel I van Cites gelys.

Marker word deur mee. Shira Yashphe en Patricia Tricorache van die CCF vergesel, asook mee. Sarah Durant van die Zoological Society of London (ZSL) en Sue Lieberman van die Wildlife Conservation Society om die onwettige handel in jagluiperds by Cites se staandekomitee te bespreek.

Marker het verlede maand 29 jagluiperdwelpies in Somaliland in Oos-Afrika gered wat na die Midde-Ooste as troeteldiere uitgesmokkel sou word.

Sy sê Somaliland, 'n selfregerende staat in die noordweste van Somalië, is die hoofdeurgangsroete vir jagluiperds wat uit die Horing van Afrika onwettig na die Golfstate verskeep word.

Smokkelary vier hoogty omdat jag­luiperds as troeteldiere in die Arabiese skiereiland as 'n statussimbool geag word.

Die jagluiperds waarmee gesmokkel word, kom volgens Marker oorspronk­lik van Ethiopië, noordelike Kenia, Somalië en Somaliland af.

Volgens navorsing deur die CCF word 300 jagluiperds per jaar na die Golfstate uitgesmokkel en word onwettig as troeteldiere verkoop.

Minder as 20% van dié jagluiperds het oorleef en die CCF skat slegs een uit elke ses welpies oorleef die reis na hul kopers.

“Jagluiperdwelpies het 'n spesiale dieet nodig en kan maklik weens wanvoeding sterf. Selfs al word daar beslag op die welpies gelê, is hul kanse op oorlewing baie skraal,” sê Marker.

Sy sê om 'n jagluiperd of enige ander wilde dier of grootkatspesie as 'n troeteldier aan te hou, is nie net wreed nie, maar ook gevaarlik.

Dit moedig boonop stropers en wildsmokkelaars aan om met hul wrede en onwettige bedryf voort te gaan.

Sosiale media speel 'n groot rol in die onwettige handel in jagluiperds, wat wyd en syd op sosialemediaplatforms geadverteer word. Eienaars spog graag met hul jagluiperds aan leibande of in luukse motors in die Midde-Ooste op foto's in sosiale media.

Die CCF werk saam met sy internasionale vennote om 'n veilige hawe, professionele veeartsenydienste en gebalanseerde voedsel aan die jagluiperds te voorsien.

Marker meen 'n langtermyndoelwit is om die weesjagluiperds waarop beslag gelê is in die wildernis vry te laat, “maar dit is moeilik, veral as welpies onder drie maande kontak met mense gehad het”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!