Jagluiperdfonds hou 20ste galadinee
Jagluiperdfonds hou 20ste galadinee

Jagluiperdfonds hou 20ste galadinee

Die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) gaan vir die 20ste agtereenvolgende jaar die jagluiperd se spoed en elegansie vier.

Dié geleentheid sal môre by hul jaarlikse galadinee by die Windhoek Buite­kluboord plaasvind.

Die gasspreker is dr. Greg Rasmussen, 'n bewaringsbioloog van die Painted Dog-navorsingstrust in ­Zimbabwe.

Rasmussen is die stigtingsdirekteur van Painted Dog, 'n wêreldkenner van Afrika-wildehonde en ook 'n jare lange vennoot en goeie vriend van CCF se stigtingsdirekteur, dr. Laurie Marker. Rasmussen doen sedert 1988 navorsing oor wildehonde.

Hy het sy DPhil-graad aan die Universiteit van Oxford se Wildbewaring-navorsingseenheid (Wildcru) verwerf en het al meer as 30 navorsingsverslae oor wildehondgedrag gepubliseer. Rasmussen is ook deel van beide die nasionale en internasionale komitees vir karnivoorbewaring en is 'n lid van die Groothond-spesia­lisgroepe in die Wêreldbewaringsunie (IUCN), asook die Range Wide-bewaringsprogram vir jagluiperds en wildehonde, wat help om dié spesies vir die toekoms te bewaar.

Met die wildehondbevolking in Afrika wat van 'n halfmiljoen tot minder as 5 000 gedaal het, is hierdie diere deur IUCN as 'n bedreigde spesie gelys.

Volgens 'n CCF-verklaring is die wildehondbevolking in ­Zimbabwe verbind met al vyf buurlande – Namibië, Botswana, Zambië, Suid-Afrika en Mosambiek, en uit dié lande het Zimbabwe die sleutel­bevolking vir hierdie spesie.

Die Painted Dog-navorsingstrust is buite die Victoria-valle gebaseer en werk saam met nasionale parke, private safarimaatskappye en kommunale boere.

“Oorgrensinisiatiewe is 'n fokuspunt van hul bewaringswerk, want wilde­honde ken geen internasionale grense nie,” sê CCF.

Painted Dog se navorsing strek al langs die Zambezirivier deur ­Botswana, Zambië en Namibië, wat hulle in staat stel om hul kennis met dié lande te deel.

“Ek is baie opgewonde daaroor dat Rasmussen by vanjaar se gala die gasspreker is,” het Marker gesê. “CCF werk aktief in die oostelike kommunale gebiede waar daar erge konflik tussen Namibiese veeboere en die land se bedreigde wildehondbevolking is. Ons hoop om uit Greg se ervaring en kundigheid te leer.”

Kaartjies vir die galadinee is steeds beskikbaar en kos N$650 per persoon en N$6 500 vir 'n tafel met sitplek vir 10. Dit sluit in 'n drankie voor ete, 'n driegangmaaltyd, die spreker se aanbieding, die toekenningseremonie, 'n veiling en gratis toegang vir 'n begeleide toer by die CCF-sentrum.

Kontak me. Heike Stackman by 067 304 806 of [email protected] om kaartjies te koop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!