Jacques Pauw binnekort in Namibië

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Jacques Pauw, bekroonde Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis en skrywer van die The President’s Keepers, kom Namibië toe.
Hy is op 27 September, op die vooraand van die Internasionale Dag vir Toegang tot Inligting, die gasspreker by ‘n fondsinsamelingsdinee van die Redakteursforum van Namibië (EFN).
Dié forum is nou gemoeid met die opleiding van joernaliste, die handhawing van etiese en verantwoordelike joernalistieke praktyke en betaal ook die media-ombudsman van Namibië vir sy rol om toe te sien dat die media hom nie aan vergrype skuldig maak nie.
Pauw was ‘n stigter van die Vrye Weekblad in die laat 1980’s en dit was in dié tyd dat hy die werksaamhede van die Suid-Afrikaanse polisie se Vlakplaas-moordbendes oopgevlek het.
Hy het oor die jare verskeie internasionale toekennings vir sy ondersoekende joernalistiek ontvang. Dit sluit in die CNN Afrikajoernalis van die Jaar-toekenning (twee keer), die Daniel Pearl-toekenning vir uitstaande internasionale ondersoeke joernalistiek (VSA) en die Nat Nakasa-toekenning vir dapperheid en integriteit in joernalistiek.
Korporatiewe en ander instellings wat belangstel om tafels vir die dinee te koop en lede van die publiek wat dit graag wil bywoon, kan Elizabeth M’ule van die EFN by 081 338 4610.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!