Jackalberry Lodge 'n juweel in Nkasa Rupara

Francoise Steynberg
Jackalberry Lodge is een van die vier finaliste in die Volhoubare Toerisme-toekennings vir 2017.

Dié spoglodge is in die Nkasa Rupara Nasionale Park in die Zambezistreek geleë.

Jackalberry is die tweede lodge wat deur die Italiaanse Micheletti-familie op die oewer van die Kwando-Linyanti-rivierstelsel gevestig is. Nkasa Lupala Tented Lodge is net buite die park op 'n eiland geleë.

Jackalberry is eksklusief en bestaan uit net vier tente en gaste is verseker dat hulle die natuur in sy volle glorie saam met persoonlike aandag kan geniet. Dit is nie omhein nie en olifante, buffels, seekoeie en leeus is gereelde besoekers.

Die lodge is so gebou dat dit die minste impak op die natuur het en die Jackalberry-toring is om 'n jakkalsbessieboom gebou wat 'n asemrowende uitsig op die Linyanti-­vleilandstelsel bied.

Die ontwerp van die kamp sluit natuurlike produkte en herwinde materiaal in. Dit is ook só gebou dat die strukture maklik afgebreek kan word en die gebied maklik gerehabiliteer kan word soos die reëls van die konsessie in die park voorskryf.

Omdat die lodge in 'n ekologies sensitiewe gebied geleë is, is dit belangrik vir die Micheletti's, wat al 10 jaar in Namibië woon, dat dit ekovriendelik moet wees. Die hele lodge word van elektrisiteit en warm water voorsien deur sonkrag.

Soos met Nkasa Lupala Tented Lodge, word Jackalberry Lodge in samewerking met die Wuparo- kommunale bewaringsgebied bedryf.

Omdat die lodge in 'n nasionale park geleë is, sluit die ooreenkoms ook die ministerie van die omgewing en toerisme in. 'n Jaarlikse fooi word aan die ministerie betaal, en 'n deel van hul inkomste aan Wuparo.

In samewerking met die bewaringsgebied is die doelwit om die omgewing te beskerm en na die welsyn van die plaaslike gemeenskap om te sien. Byna al die werkers by albei lodges is van die plaaslike gemeenskap.

Tariewe sluit alle etes en aktiwiteite soos wildritte, nagritte en bootvaarte in.

Die ander drie finaliste is Gondwana Etosha Safari Camp, Ongava Tented Camp en Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast in die Kunenestreek. Die wenner sal aangekondig word tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme-ekspo wat op Woensdag 31 Mei by die Windhoek se skouterrein sal plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!