'Jack Sparrow' verskyn in hof

22 April 2021 | Howe
Leandrea Louw op Walvisbaai – Die man wat op die vlug geslaan het met 'n vrou wat laas week as vermis aangemeld is, het Dinsdag sy eerste verskyning in die Walvisbaai-landdroshof gemaak.

Mnr. Lenard Pilley, wat ook as “Jack Sparrow” bekend staan, staan tereg op klagte van huisbraak met die doel om aan te rand en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy is Sondagoggend in Oshikango vasgetrek nadat die polisie 'n wenk van 'n lid van die publiek ontvang het.

Tydens sy hofverskyning het Pilley aan landdros John Sindano gesê dat hy homself in die hof sal verdedig en die aanklagte sal teenstaan.

Aanklaer Tuihaleni Hilikuete het borgtog teengestaan omdat Pilley 'n Suid-Afrikaanse burger is en het gesê die beskuldigde is in ­Oshikango in hegtenis geneem nadat hy uit die ­hawedorp gevlug het.

Die saak is tot 27 Mei uitgestel terwyl die polisieondersoek voortduur.

“Die staat sal borgtog op 27 Mei oorweeg en sal die ondersoekbeampte moet raadpleeg,” het Hilikuete gesê.

Volgens adjunkkommissaris Erastus Iikuyu is die verdagte saam met me. Daniella (Demi) Beukes (22) gevind, wat verlede Donderdag op Walvisbaai as vermis aangemeld is.

Volgens Iikuyu het Beukes na bewering verdwyn uit haar woning in Rikumbi Kandangastraat op Walvisbaai, wat sy met 'n mansvriend deel.

“Sy is op die dag omstreeks 22:00 laas deur haar kêrel gesien, toe hy haar na haar huis vergesel het. Na bewering het Pilley later haar kêrel aangeval.”

Die verdagte het ook na bewering 'n ander vriend van Beukes in die maag gesteek en aangerand.

Maandag is albei van die Oshikango-polisiekantoor na Walvisbaai geneem. Beukes is terug na haar familie en Pilley is in aanhouding.



VERWARRING OOR NAAM

Intussen het verwarring ontstaan toe die verdagte, wat glo as Jack Sparrow (Johnny Depp se Pirates of the Caribbean-karakter) bekend staan, ­verkeerdelik as die ­Suid-Afrikaanse musikant en rapper Zander Tyler, beter bekend as Jack Parow, geïdentifiseer is.

Parow het in 2009 bekendheid verwerf met sy debuutsnit “Cooler as Ekke” en sy kenmerkende lang pette.

Op 18 April het die ­nasionale ­nuusagentskap Nampa berig dat die polisie op soek is na “die Suid-Afrikaanse musikant Lenard Pilley, wat bekend staan as Jack Parrow, in verband met 'n beweerde messteekvoorval”.

Die nasionale uitsaaier, NBC, het in dieselfde strik getrap en Maandag die berig “Suid-Afrikaanse musikant Jack Parrow by Oshikango in ­hegtenis geneem” op hul webblad geplaas.

Dié blaps het selfs by die régte Jack Parow uitgekom, berig Yandi du Plessis. Parow wat darem die humor in dié situasie raakgesien het en 'n skermgreep van die NBC-berig op sy Facebook- en Instagram-bladsye gedeel het.

“It's with ONE R @nbcnamibia // Streetcred level up // Slide into my DM's... prison is lonely. Zander aka Lernard OUT,” het die sanger ­tong-in-die-kies in die sosiale media geskryf.

Selfs die Namibiese sanger Ees het kommentaar op dié plasing ge­lewer en geskerts dat Parow net moet laat weet as hy hom uit die tronk moet kry, want hy het mos “konneksies”.

Die NBC-berig is intussen reggestel.

[email protected],

- [email protected]

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

9 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

9 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

9 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

9 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

9 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

9 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

9 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

9 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...