Ja vir dié toets
Namibië se uiteindelike toetrede tot Afrika se eweknie-hersieningsmeganisme, die APRM, is goeie nuus selfs het dit ver langer as ‘n dekade geneem.
Teenoor aanvanklike voorbehoude moes die voordele van onafhanklike evaluering seëvier.
Die meganisme sal dit moontlik maak om die beste voorbeelde te volg op terreine waarmee Namibië nog sukkel.
Gister het president Hage Geingob in Nairobi, Kenia by die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling (UNCTAD) aan wêreldleiers gesê Namibië wil teen 2020 die mees verantwoordbare en deursigtige staat op die vasteland wees.
Hierdie aspekte van goeie bestuur is sentrale elemente van die Harambee-voorspoedplan.
Eksterne verantwoording en deursigtigheid versterk dieselfde verpligtinge intern. Die plig geld nie net teenoor ander nasies in Afrika nie, maar ook die res van die wêreld, soos onlangs deur die Noord-Ko-reaanse sanksiesage bewys is.
Die APRM kan Namibië help verbeter en die land se aansien nog verder verhoog.
Waarom? Omdat dit die beste beleid, waardes, standaarde en praktyke bevorder. Nie net polities nie, maar ook ekonomies. Die uitvoerende, wetgewende en geregtelike gesagte, asook die private sektor, burgerlike gemeenskap en media sal beoordeel word.
Almal weet Harambee gaan nog baie tyd verg, maar minstens is die wiele aan die rol. Die APRM kan hierdie voorspoedplan groter stukrag gee en suksesse bemark.
Dan moet ons egter ook bereid wees om waar nodig dadelik die pas en koers te verander – sonder om gebreke toe te smeer.
So sê ander
18 Julie 2016
Turkey: beware an elected dictatorship
The failed coup in Turkey might have been worse news. It might have succeeded.
A military dictatorship is one of the worst forms of government known. But an elected dictatorship is not much less bad and the danger is now clear that Turkey is lurching towards such a state. The arrests of 6 000 people, and the sacking of 2 700 judges, are very bad signs.
One of the ironies of the coup and its failure is that Mr Erdogan may have owed his survival to the decentralised social networks he has been trying for years to bend to his government’s will.
The people who spilled on to the streets to defeat the coup forces were not all there to defend Mr Erdogan. Many were there to defend democracy itself.
It was a cause bigger than the president. The question for the future is whether he understands that it is.
• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie