Ivoorhandel onder die loep

Olifantberaad in Botswana

10 May 2019 | Ministeries
Francoise Steynberg



President Hage Geingob is bekommerd oor die nage­volge van Namibië se groot ivoorvoorraad wat koste en sekuriteit betref, en fokus op die wettige internasionale handel in ivoor.

Geingob het Dinsdag 'n Olifantberaad in Kasane op uitnodiging van Botswana se pres. Mokgweetsi Masisi saam met staatshoofde van die Kavango-Zambezi-Oorgrensbewaringsgebied (Kaza) bygewoon.

“Namibië gee ten volle gehoor aan die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) en dit het bygedra tot die ontwikkeling van 'n streng handelbeheerstelsel,” het Geingob gesê.

“Namibië het steeds streng beheer oor sy ivoorvoorraad, maar dit styg met gemiddeld 4,5% per jaar, hoofsaaklik weens natuurlike olifantsterftes.”

Geingob het gesê Namibië het tussen 1999 en 2008 rou ivoor suksesvol uitgevoer en het bewys ivoor kan met beheer en streng toepassingsmaatreëls wettig verhandel word.

“Namibië het kennis geneem van die voortgesette debat en kritiek op olifantbevolkingsbestuur en Botswana se posisie. Ons bevestig ons steun van die nuwe beleid en programme oor olifantbevolkingsbestuur en ­volhoubare gebruik, wat deur ­Kaza-lidlande ontwikkel is,” het die president gesê.

“Die inkomste uit wettige ivoorhandel kan olifantbewaring en landelike bewaringsprogramme ondersteun," het Geingob gesê.

Hy het bevestig die ­Namibiese olifantbevolking is veilig en het van 7 500 olifante in 1995 tot 24 000 vandag gegroei.



'VERLIES AAN HABITAT'

Die president het gesê die grootste bedreiging vir Namibiese ­olifante is die verlies aan habitat weens die droogte, en mens-dier-konflik is 'n groot uitdaging.

“Geskikte bestuurstrategieë moet ontwikkel word vir mense en olifante om in harmonie saam te leef, daarom moet daar 'n gedeelde visie en benadering vir die bestuur en bewaring van Suider-Afrika se olifante wees,” het hy gesê.

Geingob het die Olifantbestuur- en Beplanningsraamwerk ­verwelkom wat Kaza-lidlande in die bestuur van hul olifante sal ondersteun.

“Bewaring bring ekonomiese welstand vir landelike gemeen­skappe met gemeenskapsbewaring wat teen die einde van 2017 sowat N$7 miljard tot die netto nasionale inkomste bygedra het.”

Geingob het 'n beroep op gemeenskappe gedoen om aktief by die beskerming en bewaring van die omgewing en biodiversiteit betrokke te wees.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, woon ook die Olifantberaad saam met sy eweknieë van Kaza by. Dit is ter voorbereiding van die 18de Konferensie van Partye van Cites (Cop18) wat binnekort in Sri Lanka gaan plaasvind.

“Die resolusies van die beraad is baie belangrik vir die streek om vorentoe te beweeg en met een stem oor die kwessie van ­olifantbestuur te praat,” het Shifeta gesê.

Volgens hom het onwettige ivoorhandel toegeneem sedert 'n moratorium van 2008 tot 2017 op internasionale handel in ivoor geplaas is.

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

9 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

9 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

9 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

9 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

9 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

9 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

9 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....