Ivanka besoek Afrikalande

‘Beginsel is om in vroue te belê’

16 April 2019 | Afrika
Ivanka Trump, dogter van pres. Donald Trump van Amerika, is op besoek aan verskeie Afrikalande.

Sy het Sondag in Ethiopië aangekom.

Sy gaan voorbrand maak vir 'n US$50 miljoen-projek wat werkskepping vir vroue in ontwikkelende lande bevorder.

“Ons glo in beginsel dat om in vroue te belê 'n slim ontwikkelingsbeleid is en dit is slim besigheid,” het Trump, wat in haar amptelike hoedanigheid as Withuis-adviseur optree, gesê nadat sy tydens 'n tradisionele seremonie in Addis Abeba verwelkom is.

Die Women’s Global Development and Prosperity- (W-GDP) projek wil 50 miljoen vroue teen 2025 ekonomies bemagtig. Pres. Trump het die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (USAid) aangesê om 'n aanvanklike bedrag van US$50 miljoen hiervoor beskikbaar te stel.

Ivanka gaan aan die Wêreldbank se beleidsberaad deelneem voordat sy die Ivoorkus besoek.
– Netwerk24/Reuters

Soortgelyk

 

Vermeende gemsbokstroper gewond

8th of July 16:59 | Misdaad

'n Vermeende gemsbokstroper is Donderdag op 'n plaas in die Omaruru-distrik in die been gewond. Volgens die Namibiese polisie is 'n 49-jarige man omstreeks 17:00...

Kolonel, onderwyser vas oor wild

27 minute gelede | Misdaad

'n Weermagkolonel (51) van die Otavi-weermagbasis en 'n onderwyser is vanoggend omstreeks 01:00 met twee duikers, twee hase, twee springhase en een wildsbok by...

Leerlingdokters, -tandartse by staatshospitale uitgeplaas

1 uur gelede | Gesondheid

’n Totaal van 131 leerlingdokters is by verskeie hospitale dwarsoor die land uitgeplaas om met hul internskap van twee jaar te begin. Die leerlingdokters sal...

Hof: Minister skuldig aan korrupsie

16 ure gelede | Howe

In 'n geskiedkundige eerste vir Namibië is me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind...

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

16 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

16 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

16 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...