Israel se premier glo korrup
Benjamin Netanyahu, premier van Israel, behoort aangekla te word van korrupsie, sê die land se polisie.
Volgens 'n verklaring deur die polisie is daar genoeg bewyse om Netanyahu van omkopery en bedrog aan te kla in twee afsonderlike sake, berig CNN.
Netanyahu het op televisie gesê daar is geen gronde vir die bewerings nie en hy gaan voort met sy werk as premier.
Daar word beweer dat Netanyahu die uitgewer van 'n koerant vir goeie publisiteit gevra het in ruil daarvoor om te help om die publikasie weer op die winspad te plaas, het die New York Times berig.
Volgens die polisie behoort die redakteur van die koerant, Yediot Aharonot, ook aangekla te word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie