Israel, Palestyne gewaarsku teen eensydige stappe
Nagenoeg 70 lande het Sondag herbevestig dat slegs 'n twee-staat oplossing 'n einde aan die Israel-Palestynse konflik kan maak.
Hulle het ook gewaarsku dat eensydige stappe deur enige van die partye onderhandelings in die wiele kan ry.
In die finale verklaring na afloop van die internasionale konferensie oor vrede in die Midde-Ooste word weggeskram van regstreekse kritiek teen planne van die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, om Amerika se ambassade in Israel na Jerusalem te verskuif. Diplomate sê die verklaring stuur 'n “onderliggende boodskap”.
Trump het onderneem om meer pro-Israeliese beleidsrigtings na te volg en die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te verskuif.
Dit word gesien as erkenning van Jerusalem as Israel se hoofstad, ten spyte van internasionale teenkanting.
Lande wat die konferensie in Parys bygewoon het, het sleutelstate van Europa en Arabië, asook permanente lede van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad ingesluit. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die konferensie as “futiel” bestempel.
Die konferensie, net vyf dae voor Trump ingelyf word, is gesien as 'n platform vir lande om 'n sterk boodskap aan die nuwe Amerikaanse president te stuur dat 'n twee-staat oplossing nie deur eensydige besluite, wat spanning in die gebied kan vererger, in die gedrang moet kom nie.
Betrekkinge tussen Amerika en Israel het tydens pres. Barack Obama se administrasie versuur en het verlede maand 'n laagtepunt bereik toe Washington versuim het om die VN-resolusie 2334, waarin 'n beëindiging van Israel se nedersettings in besette gebiede geëis word, te veto. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie