Isis sê dit wás sy bloedbad in Mosambiek

Tientalle mense is dood en duisende het op die vlug geslaan sedert minstens 100 Ansar al-Soenna-vegters verlede Woensdag op Palma toegesak het.
Sarel van der Walt

Die Islamitiese terreurgroep Isis sê hy aanvaar verantwoordelikheid vir die brutale aanvalle in die Mosambiekse kusdorp Palma.

Tientalle mense is dood en duisende het op die vlug geslaan sedert minstens 100 Ansar al-Soenna-vegters verlede Woensdag op Palma toegesak het.

Van die slagoffers is onthoof en lyke het die strate vol gelê. Honderde mense word nog vermis.

Die aanvalle het begin ure nadat die Franse oliereus Total aangekondig het hy begin met die herinwerkingstelling van ’n gasprojek aan die kus van dié dorp.

Isis het luidens ’n verklaring van sy Amaq-nuusagentskap verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar. Dit is die eerste keer sedert November verlede jaar dat Isis dit doen.

Isis het Suid-Afrika verlede jaar gewaarsku om nie betrokke te raak in die gas- en olieryke Cabo Delgado-provinsie nie.

“Dit (die aanvalle in Palma) is niks anders nie as ’n humanitêre katastrofe,” het Lolo Castro, streekdirekteur van die Wêreldvoedselprogram, aan Reuters gesê.

CNN berig ’n amptenaar van die Amerikaanse departement van buitelandse sake het aan hom gesê Amerika is oortuig daarvan daar is “beduidende” bande tussen die Islamitiese rebelle in Mosambiek en Isis.

“Die taktiek van die ekstremiste die laaste paar maande, hul doeltreffendheid in gevegte, sowel as ander aanduidings, oortuig ons daar is noemenswaardige Isis-ondersteuning,” het die amptenaar gesê.

SOLDATE, OPLEIDING

Die Amerikaanse spesiale magte (Green Berets) het onlangs van sy soldate na Mosambiek gestuur om dié land se soldate op versoek van die regering op te lei om teen die ekstremiste te veg.

Portugal, die voormalige koloniale heerser van Mosambiek, het ook al instrukteurs vir dié doel na Cabo Delgado gestuur.

Jens Laerke, woordvoerder van die Verenigde Nasies (VN) se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake, het luidens die VN se webblad Dinsdag gesê die geweld duur voort. Wat in Palma gebeur, is afskuwelik, sê Laerke.

Daar is steeds sporadiese gevegte en duisende mense beweeg uit die Palma-omgewing na ander gebiede en in die rigting van die grens met Tanzanië.

Baie van dié vlugtelinge is vroue en kinders.

Die VN se Wêreldvoedselprogram het al sowat 250 metrieke ton kos na Palma gestuur om die sowat 16 000 mense in die dorp vir ’n maand te voed.

SUID-AFRIKANERS

’n Vliegtuig van die lugmag het ses Suid-Afrikaners verwyder wat in Palma vasgekeer was ná die afgelope week se bloedige gevegte in dié dorp en na Suid-Afrika teruggebring.

Die lyk van Adrian Nel (40), ’n Suid-Afrikaner wat in die gevegte dood is, is ook teruggebring, het die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) Dinsdagaand bevestig.

Nel is verlede Vrydag doodgeskiet toe hy en ’n groep vasgekeerdes probeer vlug het nadat Islamitiese ekstremiste op die dorp toegeslaan het. Nel is van KwaZulu-Natal.

Dirco het die Mosambiekse regering bedank vir sy hulp met die ontruiming en die hulp wat hy aan Suid-Afrikaners in Palma bied. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%