Isaac wil blitstyd in 300 m hol

07 March 2018 | Sport
Sportredaksie - Die Botswana-atleet Isaac Makwala het sy visier gerig op ’n blitstyd in die 300 m op môre se Grand Prix-byeenkoms in Pretoria.

Makwala het verlede Donderdag in Roodepoort op die eerste byeenkoms in die reeks die 400 m gewen, maar sal nou in die 300 m aantree. Hy mik daarna om dié item in minder as 31 sek. af te lê. Omdat die 300 m selde gehardloop word, het nog net drie atlete dié grens oortref.

Wayde van Niekerk het op 28 Junie 2017 die wêreldrekord van 30.81 in Ostrava, Tsjeggië, opgestel. Vorige rekordhouers was Usain Bolt (30.97 in 2010 in Ostrava) en Michael Johnson (30.85 in 2000 in Pretoria).

Makwala het hope selfvertroue en sê as die wedloop in Junie was, sou hy ’n aanslag op die wêreldrekord gemaak het. ’n Tyd van minder as 31 sek. is meer realisties in Maart, sê Makwala.

Dié 31-jarige atleet is die houer van Botswana se rekords in die 200 m (19.77 sek.), 300 m (31.44 sek.), 400 m (43.72 sek.).

“Ek het Donderdag nie voluit genael in die 400 m nie, want ek het later in die aand nog aan die 200 m deelgeneem. Môre is ek net daar vir die 300 m, so ek het baie selfvertroue en ek sal naby aan die 31 sek. kan kom,” sê Makwala.

Hy het verlede week die 400 in 45.03 gewen. Thapelo Phora, die naaswenner in 45.39, en Pieter Conradie, wat derde was in 45.77, sal ook in die 300 aantree. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Tsumeb-Otavi railway line upgraded to SADC standard

22 ure gelede | Infrastruktuur

TSUMEB - The upgrading of the railway line between Tsumeb and Otavi to the Southern African Development Community (SADC) standard has been completed by the...

Geingob erken ellende

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Hoewel baie reeds volgens hom gedoen is om die land te verbeter, word baie meer benodig, sê pres. Hage Geingob.Tydens die herdenking...

Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

22 ure gelede |

Ronelle Rademeyer - Droogtehulp in die vorm van ’n bystandsplan van N$572,7 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aangewend word om vee- en graanboere se...

Kalender 22 Maart

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Kosie Beukes, Die Ventertjies, Heidi en Pieter Mohr is tans op ’n Namibiese toer en tree vanaand by die Duitse klub...

Katrina-verhoor in die pylvak

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die staat sal na verwagting nog twee getuies roep voor hy sy saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa sluit.Die verhoor, waarin dié oudgoewerneur...

Weer

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie plek-plek....

Alle grappies op ‘n verhoog

22 ure gelede | Kuns en vermaak

NAM Comedy Circle vind elke laaste Woensdag van die maand by die Hilton Kalabar plaas en bied dié keer 'n kritiese blik op Namibië 29...

Dié siener is ‘die ware Jakob’

22 ure gelede | Kuns en vermaak

Die heldersiende Gerald Burger, wat jare gelede in die kol was oor die Laingsburg-vloede van 25 Januarie 1981, is van 24 April af deel van...

Ouderdom, siekte red bejaarde van tronkstraf

22 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Hans Peter Rothen (73) se ouderdom en sy bedenklike gesondheid het hom van ’n vonnis agter tralies gered.Regter Naomi Shivute het Rothen...