Is wyn ná bier iets om te vier?

11 February 2019 | Landbou
Bloomberg – Jy het dalk al die Duitse spreuk gehoor: Wein auf Bier das rat ich Dir, Bier auf Wein das lass sein?

Dit kom daarop neer dat jy wyn ná bier kan drink, maar nie andersom nie.

Maar nou het wetenskaplikes dié ou gesegde ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ’n mite is.

Navorsers het drankies aan 90 vrywilligers gegee om te toets watter kombinasie van bier en wyn jou die dronkste maak.

Die vrywilligers is in drie groepe verdeel.

· Die eerste groep het sowat twee en ’n halwe groot glase bier gedrink, gevolg deur vier groot glase wit wyn.

· Die tweede groep het dieselfde hoeveelheid gedrink, maar andersom.

· Die derde groep het net bier of net wyn gedrink en het as die kontrolegroep gedien.

Die vrywilligers, almal tussen 19 en 40 jaar oud, is oornag onder mediese toesig gehou.

Die deelnemers, waarvan ’n hele paar gebraak het, is die volgende dag oor hul babelas uitgevra en moes ’n telling daaraan gee op die sogenaamde “akute-babelas-skaal” wat op faktore soos dors, moegheid, kopseer, lighoofdigheid, naarheid, maagpyn, vinniger hartklop en ’n verlies aan eetlus gegrond is.

Die bevindings in die studie is in American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer en toon dit maak nie saak in watter volgorde jy jou wyn en bier drink nie. As jy te veel drink, gaan jy waarskynlik siek word.

Die groepe deelnemers in die studie is ná ’n week omgeruil om die teenoorgestelde uitwerking op hulle te toets. Die kontrolegroep, wat die vorige keer net bier gedrink het, het dié keer net wyn gekry en andersom.

“Met lager en witwyn het ons geen bewyse gevind dat jy ’n ligter babelas kry as jy bier voor wyn drink nie,” het Joran Kochling van Duitsland se Witten/-Herdecke-universiteit, wat een van die skrywers van die verslag is, gesê.

“Die waarheid is dat te veel drank waarskynlik tot ’n babelas gaan lei. Die enigste betroubare manier om te voorspel hoe sleg jy die volgende dag gaan voel, is hoe dronk jy voel en of jy siek word.

“Ons moet aandag aan hierdie waarskuwingstekens gee wanneer ons drink.”

Dr. Kai Hensel, ’n senior kliniese genoot van die Universiteit van Cambridge en die senior outeur van die studie, sê: “Hoe onsmaaklik babelas ook al is, moet ons onthou dit het een belangrike voordeel: Dit help ons om uit ons foute te leer.” – Bloomberg/Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

18 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

19 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

19 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...