Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

Yandi Du Plessis
Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van Netwerk24 het vasgestel in hoe ’n mate die uitbreek van die Covid-19-pandemie die feestelikhede in die wiele gery het.
Lank voor die aanbreek van 2020 het Duitsland programme voorberei vir ’n jaar lange viering van Ludwig van Beethoven se geboorte 250 jaar gelede. Tipies Duits was alles ook gereed vir die derduisende besoekers wat sou opdaag om van die sowat 1 000 konserte, operas, feeste en uitstallings by te woon.
Niks is ontsien om een van Duitsland se beroemdste seuns te gedenk nie, ook nie in Oostenryk waar dié meester van die klassieke musiek die laaste 30 jaar van sy lewe gewoon het nie. Die Duitse regering het R540 miljoen vir die feesjaar begroot, terwyl van die provinsies (Bundesländer) ook enkele miljoene bygedra het.
Die stad Bonn, waar Beethoven op 16 Desember 1770 gebore en getoë is totdat hy op 22-jarige leeftyd na Wene, Oostenryk, verhuis het, sou ’n sentrale rol in die herdenkingsprogram speel.
Van die hoogtepunte is ’n uitvoering deur die Londense Simfonieorkes met sir Simon Rattle as dirigent en die violis Lisa Batiashvili; ’n Beethoven-marathon van 24 uur deur die Berlynse Filharmoniese Orkes; ’n regstreekse televisie-uitsending van al nege Beethoven-simfonieë uit verskillende stede; en ’n afsluitingskonsert op 17 Desember met Daniel Barenboim en die Wes-Oos-Divan-orkes wat die Negende Simfonie in Bonn uitvoer, om net enkeles te noem.
Toe die Covid-19-pandemie die wêreld tref, het die Beethoven-jubileumraad besluit om nie al die harde werk en vooruitsigte na die wind te gooi nie en die feestyd tot September 2021 te verleng. “Ons wil almal wat betrokke is by die gedenkprogram graag die geleentheid gee om hul bydrae te lewer,” het dr. Günter Winands, voorsitter van die raad, gesê. Bogenoemde konserte sal dus een of ander tyd plaasvind.
’n Beethoven-museum, sy graf in die Zentralfriedhof (sentrale begraafplaas), restaurante wat hy graag besoek het, konsertsale en parke waar beelde van dié meester opgerig is, is oral in die ou stadsdeel van Wene te sien.
Daar is darem troos vir musiekliefhebbers wat uitgesien het na ’n jaar waarin Beethoven se musiek sou seëvier. ’n Digitale argief, wat ook as gids vir Beethoven se geboortehuis dien, bevat elke jota en tittel van dié meester se werke en lewe. Daar is tekste, foto’s en oudio-data wat 39 800 hoëgehalte geskandeerde faksimilees van musiekmanuskripte, geskrewe dokumente, musiek-afdrukke, foto’s en ander objekte insluit. Die klank-aanbod behels benewens musiek selfs voorgelese briewe.
Die argief is ewe toeganklik en nuttig vir akademiese doeleindes en navorsing as vir lede van die publiek. Vind dit by [email protected].
BTHVN2020
Die logo vir die Beethoven-gedenkjaar is BTHVN2020 waarvan die letters die vyf sogenaamde pilare van die komponis se karakter (in Duits) aandui. B is vir Bürger (stadsburger), T vir Tonkünstler (komponis), H vir Humanist (humanis), V vir Visionär (visionêr) en N vir Natur (natuur). Alle aanbiedings is volgens die vyf opskrifte beplan, soos ’n optog deur Bonn, ’n besoek aan sy geboortehuis en ’n klank-en-lig-skouspel wat onder B val. T sluit in uitvoerings van al sy werke asook nuwe opdragwerke, H sou 2 500 konserte in private huise behels, V is op die jeug gerig en onder N is sy pastorale musiek, pieknieks en uitstappies na die platteland ingesluit.
Lewensloop in ’n neutedop
Ludwig van Beethoven was agt jaar oud toe hy sy eerste openbare optrede gegee het. In 1787, op 16-jarige ouderdom, is hy as hofmusikus aangestel en het hy vir ’n kort rukkie onder Haydn en Mozart studeer.
Geskiedskrywers deel Beethoven se lewe in drie hooffases in: die vroeë, middel- en laat periode.
Die vroeë periode het in 1792 begin, die jaar waarin hy na Wene verhuis het, en tot ongeveer 1800 geduur. In dié tyd het hy as bekwame pianis bekend geword en was in tel by die adellikes. Sy komposisies was meestal vir klavier, onder meer sy baie gewilde Pathétique, op. 13. Reeds in die vroeë periode het hy agtergekom sy gehoor verswak, maar hy het sy bes gedoen om dit vir ander weg te steek.
Die middelperiode het van 1800 tot 1818 gestrek. Beethoven het in 1800 aan ’n vriend gesê hy is nie tevrede met sy komposisies nie en gaan ’n nuwe weg inslaan. Hy het inderdaad. Hy het die klassieke musiekstyl agterweë gelaat en die Romantieke era ingelui met byvoorbeeld Simfonie nr. 3 (Eroïka), die opera Fidelio, die Vyfde Klavierconcerto (Keiser) en ’n menigte komposisies vir ’n verskeidenheid instrumente. Van 1809 het hy al hoe minder gekomponeer, wat toegeskryf word aan sy verswakte gesondheid en sy versugting na die “onsterflike geliefde” wat hom in ’n depressie laat verval het. Ná baie jare se bespiegeling blyk dit die geliefde was gravin Josephine Deym en later gravin Von Brunswick.
Beethoven was met die aanbreek van sy laat periode (1818 tot 1827) reeds stokdoof. Desondanks het hy van sy grootste werke in die tyd geskryf – die Mis in D majeur (Missa solemnis), Simfonie nr. 9 (Koraalsimfonie), die Hammerklavier-sonate, op. 106 en sy laat strykkwartette. – Netwerk24 (Saamgestel deur Elretha Britz)

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%